
Dié besonderse publikasie is in landskapformaat, A3-grootte en met ‘n aantreklike leeromslag uitgegee en slegs 1 000 genommerde eksemplare is gedruk.
Dit bevat nie net hoogtepunte van Wessel se halfeeu as persfotograaf nie (soos sy beroemde trefferfoto van Frik du Preez se duikslag op Chris Laidlaw onder), etlike van die wêreld se beste fotograwe het tot die boek bygedra.
Die boek bevat 820 skitterfoto’s en kos R4 500 per eksemplaar. Dit kan bestel word van info@portraitofrugby.co.za.