Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Gert Swiegers. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gert Swiegers. Wys alle plasings

5.8.13

Transvaler troef Volksblad op eie werf

PIET EBERSöHN skryf: Dit was halfdrie, drieuur in die oggend. Die laaste uitgawe van Die Transvaler was pas in die bed en die laat skof se manne het ontspannend agteroor gesit met ’n dop, wat by Vegkop laat haal is, om die dag se woelinge in rustige oënskou te neem.

Toe lui die telefoon …

26.5.12

Speur’sant V’Riebeeck slaan toe

OP ’n dag maak Gert Swiegers (links), misdaadverslaggewer van Die Transvaler in die laat jare sewentig kontak met die een of ander leier van die Johannesburgse onderwêreld en hulle spreek af om mekaar laterig een aand in Vegkop te ontmoet.

Omdat Gert ’n versigtige man was, vra hy vir Frans Scheepers en Piet Ebersöhn om saam te kuier – soort van as kwasi-lyfwagte, vir wat dit werd is.


Gert en die man van die onderwêreld het goed gekliek en hoe later hoe gemoedeliker het dit daaraan toegegaan. So goed en gemoedelik dat die kêrel in die vroeë oggendure besluit die koerantmanne moet saam om ’n vriend van hom ‘n poets te gaan bak.