AMANDA BOTHA skryf: Met die dood van Hermie Hendriks onthou ek met ‘n gevoel van deernis my verbintenis met hom -- as destydse nuusredakteur van Die Transvaler. Dit was laat 1973 wat ons ontmoet het. Ek is deur Carl Nöffke, die destydse hoofredakteur, aangestel in die pas gestigte Kaapse kantoor van Die Transvaler. Ná my aanstelling is ek na die Perskor-hoofkantoor in Aucklandpark genooi en die eerste mens wat ek ontmoet het, was mnr Hendricks.
Wys tans plasings met die etiket Amanda Botha. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Amanda Botha. Wys alle plasings
16.10.13
Betroubare beriggewing help geskiedenis skryf
AMANDA BOTHA skryf: Wat vir my veral groot vreugde verskaf het, was dat my notas en sekere berigte kon help om ‘n deeltjie van die politieke geskiedenis van die 1970’s en 1980’s aan te teken in die eerste twee boeke van die oudpolitikus, Japie Basson.In 2000 het Jan Heunis my gevra om saam met hom te
9.10.13
Winste van die sypaadjie-joernalis: dis wát jy optel
AMANDA BOTHA skryf: Nou en dan kry ek die geleentheid om te besin oor my loopbaan in die joernalistiek wat oor vier dekades loop. ‘n Loopbaan wat verskeie systraatjies bewandel het, maar altyd gewortel was in dissipline van die joernalistiek. As ek terugkyk – en soms die geleentheid kry om bestek op te neem, is ek so dankbaar vir die voorreg om in so ‘n beroep te kon staan. 27.8.12
Kapitaal vir die onthoubank
AMANDA BOTHA skryf: Ek het groot waardering vir wat julle doen – om ons so bymekaar te hou en die herinneringe-bank as’t ware met kapitaal te laai! Dankie daarvoor.Ek het heelwat om te kan deurgee – is nou besig met sulke dinge se uitsortering. Wat die hofsake betref waarby ek ’n betrokkenheid gehad het, is ek nou besig om dit te verwerk as deel van ’n biografie oor die advokaat Wilfrid Cooper. Ek het dikwels met hom saam gewerk. Onder die sake wat ek hier gedek het, is Tsafendas, Biko, die Swapo-saak, verskillende sg. terroristesake en dan die groot moordsake waar onder die Lehnberg-saak.
14.8.12
Gewilde fotoverhale nou gesogte Africana
Die eens gewilde fotoverhaalboekies, wat in die 1960's as SuidAfrika se antwoord op televisie beskou is, het vandag gesogte versamelstukke geword. Dit word selfs as Africana beskou deur 'n gesaghebbende instansie soos die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika. Dié boekies was een van die fondamente van Republikeinse Pers, wat mettertyd deel van die eertydse Perskor-mediaryk geword het. Na aanleiding van ‘n referaat op die Bibliophilia Africana 8-kongres ‘n paar jaar gelede in Kaapstad het AMANDA BOTHA, eertydse Kaapse verteenwoordiger van Die Transvaler, soos volg in Die Burger geskryf.
Teken in op:
Plasings (Atom)