Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Victor Ivanoff. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Victor Ivanoff. Wys alle plasings

5.2.14

Ivanoff-spotprente dalk heelwat werd

WERNER VAN DYK van Meyerton, Gauteng skryf: Ek het per toeval op julle blad afgekom en die storie van Victor Ivanoff (links) se spotprente gelees en glo dit of nie, maar ek het so 'n week gelede vyf van daai oorspronklike tekeninge gekoop.

Ek is nogal erg oor Africana en koop en verkoop gereeld items van dié aard en ander oudhede. 'n Vriend het onlangs by my aangekom met 'n klompie baie mooi Africana, onder meer spotprente van Victor. 

14.6.12

En só beland ek toe by ’n koerant…

SUZELLE FOURIE (née du Preez) was in die 1970's by Die Vaderland. Sy vertel hier van haar lewenspad.

Dit was waarskynlik nooit oorle’ Ma se bedoeling dat ek ’n loopbaan, ’n liefde en uiteindelik ook ’n lewe in die koerantwêreld moes vind nie. Sy het eintlik gehoop dat ek sinnigheid in hulle hubare jong dominee sou kry. Maar bedoeld of onbedoeld, dit was aan Ma te danke (of te wyte, afhangend

10.5.12

Ivanoff-pêrels vir die "swyne"

JAPIE BOSCH vertel: Met die aftrede van Die Vaderland se spotprenttekenaar, Victor Ivanoff, in die vroeë sewentigs was ek jonk, dom en onkundig. Eintlik was die hele redaksie dom. Laat ek liewer sê die algemene redaksie.

My lessenaar was by die deur van die ingang van die algemene kantoor.