Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Gert van Rooyen. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gert van Rooyen. Wys alle plasings

12.9.22

Lekker om ʼn slag nostalgies te raak

GERT VAN ROOYEN skryf:  My storie is dalk nie so kleurvol of vol avontuur as sekere ander oud-Perskorhane of -henne nie, maar hier is dit.

Ek het van 1973-1980 by Die Transvaler en Die Vaderland gewerk as joernalis en dit was vir my wonderlike jare. Van 1974 tot 1979 by Die Transvaler, 1979/1980 by Die Vaderland en daarna
vir 'n Caxton-koerant, Kempton Express.

Daarna het ek die akademie betree, wat ook 'n besonderse ervaring was. Ek was van 1982 tot en met 1992 dosent aan die destyde Pretoria Technikon en daarna vir 24 jaar by die Puk. Wat tot vandag toe my trots maak en lekkerte gee is om my oud-studente as joernaliste en skrywers in die media te sien. So 'n bietjie troos dat ek darem iets reggekry het (ha-ha).

Bo:   Ek en Susan saam met ons kleinood. Voor is my kleindogters Olivia en Odette. Agter staan Leandra, haar man Francis, José Toral (Sanja-Rika se lewensmaat) en Sanja-Rika.

29.11.16

Piet en Mariëtte skop nes in Korfu

GERT VAN ROOYEN skryf: Piet Ebersöhn, oud-Transvaler, die vader van K’rant en vir jare al die organiseerder van die Perskor-reünie, en sy vrou, Mariëtte, het toe die “groot Griekse stap” gedoen en aan die begin van November na die eiland Korfu verhuis.

Hulle huur tydelik `n landelike woonstel in die Achilleo-omgewing, suid van Korfudorp terwyl hul huis opgeknap word.

30.7.14

Woonstelmaats na 40 jaar weer bymekaar


GERT VAN ROOYEN skryf: Ná byna vier dekades is die drie woonstelmaats weer verenig! Ja, dit was voorwaar ʼn reünie in die kleine toe Joe van Buuren (links), Alwyn Strydom (regs) en Gert van Rooyen mekaar by die Perskor-reünie op 31 Maart raakloop. Dit was in die middel jare sewentig toe dié drie besluit het om ʼn woonstel in Bordeaux, Randburg, te betrek. Die woonstelblok was reg langs die Braamfonteinspruit, waar die laaste episodes van die befaamde Transvaler-produksies se Don Spaghetti- en Don Ravioli-film geskiet is, en die drie was natuurlik ook karakters in die film! Later het Danie Malan (wat toe net van Australië af teruggekeer het) ingetrek en mettertyd nog een of twee ander mense so deur die loop van die jaar! Maar, dit was lekker ou dae en aande, waar tequilas met suurlemoen en sout weggesluk is en ‘n hele paar samekomste (tot die ergenis van die ander inwoners) naby Dittonlaan 10, Aucklandpark gehou is.

25.6.13

Calvyn se leringe het baie laat wroeg

GERT VAN ROOYEN skryf: Seker ‘n hele paar K’ranters het dalk in Januarie in Beeld gelees van prof. Calvyn Snyman wat in Pretoria oorlede is. Prof. Calvyn, wat van 1966-1990 dosent en later professor in Perswetenskap/Kommukunikasiekunde aan die Puk was, was seker een van die mees invloedrykste skrywers oor persetiek. Menige oud-Puk student, wat in een of ander stadium by Perskor gewerk het, ken sy beroemde (en dikwels berugte!) Pers en Leser nog baie goed.

28.11.12

Gehate subs ’n beginner se nagmerrie


GERT VAN ROOYEN skryf: Na aanleiding van Stella Niemand en Maarten Roos se brokkies oor subs en die taal wat geskryf word, net die volgende.

Vir enige beginner-verslaggewer by Perskor-koerante in Johannesburg of Pretoria was ʼn sub ʼn “gehate spesie”. Toe ek by Die Transvaler begin werk het, het die name Peet Smit, Fanie Hattingh, Frikkie van der Walt, Mike

15.11.12

Hillbrow was Johannesburg se Times Square!

GERT VAN ROOYEN skryf: Toe ek nou die dag Andries Botha se berig oor Hillbrow in K’rant lees nadat hy Johannes Kerkorrel se liedjie gehoor het, het dit my ook byna 40 jaar teruggesit in die “plek van die duiwel” soos my ouers dit genoem het.

Nou ja, ek, André de Kock en Danie Malan (of was dit dalk Joe?) het vir ʼn wyle in die “plek van die duiwel” gewoon, regoor die polisiestasie in Clarendon Heights. Nodeloos om te sê, ons het baie veilig gevoel in satan se lêplek!

22.8.12

Die Transvaler-Produksies bied aan "Tarzan" en "Death Card"!

GERT VAN ROOYEN skryf: Nou-ja, hierdie twee films was nooit op die “circuit” nie, maar vir baie Transvaler-redaksielede was dit “meesterstukke” wat nog lank in die geheue blywend sal wees.

Maar eers Tarzan. Laat ek die filmstel skets: Dittonlaan in Aucklandpark, 'n  swembad, twee flossies, Judy Weber en

16.8.12

Om Gert van Rooyen te wees...


GERT VAN ROOYEN, oud-DT-verslaggewer skryf: WATTER wonderlike oomblik was dit toe Philip en Wilma Deetlefs my vertel van K’rant en ek die webjoernaal oopmaak! Omtrent almal wat ek ken en onthou, is daar, veral my Transvaler-maats: Willie, Joe, Stella, Piet, Danie, Dave, André de Kock, Lala, en almal. Ai, ek wou Bushy se naam sommer uit gewoonte bysit, maar nou ja...