Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Hermie Hendriks. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Hermie Hendriks. Wys alle plasings

4.7.20

Onderhoude met oom Hermie

PIET EBERSÖHN
(links)
het vroeër vandeesweek in 'n huldeblyk aan Hermie Hendriks (regs) genoem dat hy ʼn paar onderhoude met hom oor sy loopbaan gevoer het. Oom Hermie is onlangs op 95 oorlede.

Piet se onderhoude het in Oktober 2015 in 'n reeks in K'rant verskyn.

Klik hieronder op elk van die drie stories om dit te lees.
  1. Misdaadstories moes oorlogstories vervang
  2. Hendrik Verwoerd was hardkoppig, maar ware heer
  3. Sat vir politiek

2.7.20

Die dierbare omie met die snorretjie

HANLIE VORNBERG skryf: As een van die joernaliste wat destyds in 1970 die Afrikaanse Pers se eerste joernalisteskool bygewoon en die eer gehad het om by Hermie Hendriks opleiding te ontvang, was ek hartseer om te verneem dat hy oorlede is.

Hoewel ek al oor die veertig jaar in die buiteland woon en nooit weer met hom kontak gehad het nie, was hy 'n deel van my jeug en is die herinneringe aan hom net positief. Dit is soos 'n lekker warm jas wat jy een of ander tyd in 'n ysige winter gedra het en nooit sal vergeet nie

1.7.20

Hermie Hendriks – hy was ‘n eenmalige verskynsel

AMANDA BOTHA skryf: Met die dood van Hermie Hendriks onthou ek met ‘n gevoel van deernis my verbintenis met hom --  as destydse nuusredakteur van Die Transvaler. Dit was laat 1973 wat ons ontmoet het. Ek is deur Carl Nöffke, die destydse hoofredakteur, aangestel in die pas gestigte Kaapse kantoor van Die Transvaler. Ná my aanstelling is ek na die Perskor-hoofkantoor in Aucklandpark genooi en die eerste mens wat ek ontmoet het, was mnr Hendricks.

30.6.20

Oom Hermie

PIET EBERSÖHN skryf: Hy was die eerbiedwaardigste van alle joernaliste wat my pad gekruis het. Nee, nou stel ek my aan – wie se pad dit my voorreg was om te kon kruis.

Voorwaar ʼn Israeliet sonder bedrog – en dit in ʼn beroep waarvan Horace Flather in sy The Way of an Editor gesê het die meeste knappes is “slightly off the normal mental beam”.

26.6.20

Hermie Hendriks op 95 oorlede

Hermie Hendriks se dogter, Hermien, het laat weet dat haar pa op 25 Junie 2020 in die Florakliniek in Johannesburg oorlede is.
Hy het op 9 Junie 95 geword en is vroeër vandeesmaand in die kliniek opgeneem nadat hy geval het.

Oom Hermie was ‘n ware Perskor-legende. Ons sal met graagte ‘n paar huldeblyke van oudkollegas oor hom ontvang.

7.8.19

Oom Hermie uit Intensiewe Sorgeenheid

MARGARET LOMBARD het laat weet: Ek het pas met oom Hermie se dogter Hermien gepraat (selnr 079 724 6981). Oom Hermie is nie meer in die ISE nie; hy is na die hoësorgeenheid by die Flora-kliniek oorgeplaas. Ek sal groete en beterskapwense aan hom oordra.

31.7.19

Oom Hermie in hospitaal

LOUISE BLAKE skryf: Hermie Hendriks se dogter Hermien het laat weet: “Pa het Woensdag flou geval. Hy is in die Flora-kliniek. Die een hartklep wil nie oopgaan nie."
Hermie Hendriks 
verlede jaar toe 
hy 93 was.

5.10.18

Oom Hermie nog perdfris en gesond

MARGARET LOMBARD (Hans se weduwee) skryf: Frans Wessels (wyle Bienkie se seun) en ek het verlede Vrydagoggend by Hermie Hendriks in Huis Hoëveld (hene, vier hoofletter H's in 'n ry!) in Johannesburg 'n draai gaan maak.

Ons kry hom waar hy ewe gemaklik in die tuin rondloop. Sonder 'n bril en sonder 'n kierie "want netnou val ek oor die ding". Hy sê dit gaan op 93 nog goed, dis net die gehoor en die geheue wat hom in die steek laat.

Frans het sy tabletrekenaar saamgeneem en vir Hermie 'n paar K'rant-foto's gewys. Hy onthou vir Wessel Oosthuizen baie goed en vra uit oor 'n paar ander.

9.10.15

Sat vir politiek


Op Jannie Kruger se dienstyd as redakteur van Die Transvaler het die ongelukkige eksperiment met twee mederedakteurs, dr GD Scholtz en Jan van Rooyen, gevolg.

Ek het die indruk gekry dat Van Rooyen moeilik by Scholtz se politieke styl aangepas het. Scholtz, ‘n mens op sy eie, was sekerlik een van die grootste karakters met wie ek saamgewerk het. Hy het onder meer ‘n fantastiese – eintlik fenomenale – geheue gehad. Dit het nie net politieke, geskiedkundige en nuusfeite gegeld nie, ook sport- en selfs perdewedrenuitslae. Hy het byvoorbeeld baie jare se wenners van die Durbanse July-perdewedren op sy vingerpunte geken.

7.10.15

Hendrik Verwoerd was hardkoppig, maar ware heer


Met Hendrik Verwoerd se aanstelling by DT het hy eers ‘n tyd lank by Die Burger gewerk om die ABC van die koerantwese te leer. Daar is vertel dat hy so ‘n goeie leerling was dat hy selfs die tee gemaak het.

Ek onthou hom as ‘n ware heer, maar iemand wat baie sterk standpunt kon inneem. As hy ‘n besluit geneem het, is hy nie maklik oortuig om dit te verander nie, soos sy teenstanders in die politiek later maar alte deeglik ervaar het.

5.10.15

Misdaadstories moes oorlogstories vervang



K’rant (met Hans Lombard se hulp) het uiteindelik vir HERMIE HENDRIKS, oudredakteur van Die Transvaler, omgepraat om van sy ervarings oor 40 jaar as joernalis in diens van die Voortrekkerpers, die Afrikaanse Pers, Dagbreekpers en uiteindelik Perskor, met ons lesers te deel. Die Transvaler se geskiedskrywer, Piet Meiring, het oom Hermie bestempel as “een van die bouers van ons koeranttradisie”.

Teen die einde van 1944 het die leidende geeste by Die Transvaler gemeen dat die Tweede Wêreldoorlog einde se kant toe staan en besluit om ‘n misdaadverslaggewer aan te stel om die leemte te help vul wat ‘n gebrek aan oorlogsnuus kon laat.

My broer, Hein (Die skrywer R Hendriks, wat ook die Rooi Jan-boeke onder die skuilnaam Casper H Marais geskryf het. – Red), het vroeër vir DT gewerk en was op daardie tydstip ‘n vryskutskrywer, wat onder meer speurverhale geskryf het, en hy is genooi vir ‘n onderhoud om die pos te vul.

2.10.15

EKSKLUSIEF: Oom Hermie lig die sluier!

Hermie Hendriks
40 jaar gelede
Hermie Hendriks
onlangs
Ná vier dekades in die joernalistiek en by publikasies wat in K'rant se stal pas, het Piet Ebersöhn die voorreg gehad om die merk- waardige Hermie Hendriks se geheue te tap. Hy lig die sluier oor groot name uit die verlede.

Maandag, Woensdag en Vrydag word hierdie baie interessante en heerlike lekkerlees-verhaal in K'rant gepubliseer.

Maak seker jou K'rant beland saam met jou koffie op die ontbyttafel!

15.9.14

“Bly nugter” waarsku Hermie

HANS LOMBARD skryf: Op Vrydag 5 September het ek Hermie Hendriks en sy dogter Hermien by die tuiste vir bejaardes, Huis Hoëveld, net agter die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, gaan oplaai vir ‘n heerlike middagete by die ou bekende Thunder Gun Steakhouse in Blackheath, Johannesburg.

Hulle doen al sake sedert 1968 en Hermie sê in sy Vaderland-dae het hy en van die manne gereeld daar geëet. Sy dogter, Hermien, bly ook in Huis Hoëveld. Sy kyk goed na haar pa. Sien hom feitlik elke dag. Hermie het mooi herstel nadat hy vroeër vanjaar geval het. Hy loop nie meer met ‘n loopring nie en het self aangestap na die motor.

3.6.14

Hermie Hendriks beseer

Hermie Hendriks
HANS LOMBARD skryf: Hermie Hendriks wat in die aftree-oord, Huis Hoëveld in Johannesburg woon, het ‘n ruk gelede in sy eenheid geval. Hy is met ‘n ambulans na die Flora Kliniek geneem waar gevind is hy het sy heup gebreek en hy moes ‘n operasie ondergaan. Ek het hom daar gaan besoek en hy het baie mooi aangesterk. Hy is nou ontslaan en opgeneem in die siekeboeg van Huis Hoëveld waar hy besig is om te herstel.

3.2.14

Fotodag 19: Die H in Boer

AGTER die foto hieronder skuil frustrasie en drama. Dit is in die middernagtelike ure op 'n oggend verlede maand (September 1972) geneem nadat vasgestel is dat 'n boer van Rustenburg as 'n vrou van bedenklike sedes aangedui is.

Die fout het voorgekom in 'n bylae van Die Transvaler en is eers ontdek
nadat 40 000 eksemplare gereed gelê en wag het om by Die Transvaler ingevoeg te word.

Om die bylae oor te druk, was buite die kwessie.  Al genade was om die letter "H" in die woord "boer" met 'n swart pen dood te krap.

22.3.13

Aan die voete van Meester Hermie

Dinsdag, 2 Junie 1970, was 'n belangrike datum in die geskiedenis van die Afrikaanse Pers (1962) Bpk., want dit is die dag toe die eerste Afrikaanse Joernalisteskool geopen is. Agt voornemende joernaliste het vir ses maande onder die hande van Oom Hermie Hendriks (links) deurgeloop. Hieronder is drie stories wat in Hanekraaie van destyds verskyn het.

Die joernalisteskool se netjiese lesinglokaal is op die terrein van die Stag-gebou in Aucklandpark geleë en die minste wat 'n mens kan sê, is dat dit 'n professionele indruk wek, soos op die foto ook gesien kan word. In die middel staan mnr. Hermie Hendriks, hoof van die skool.

23.1.13

Hermie Hendriks se boeke herdruk

Twee van HERMIE HENDRIKS, oud-redakteur van Die Transvaler en skrywer van speur-spanningsverhale, se boeke is onlangs deur Hartbees-uitgewers van Swellendam herdruk en nog kan volg.

Die eerste twee titels is Vloek van die Heilige Trom en Dodelike Terugkeer.

Hartbees se hoofuitgewer, GERT BASSON, sê die uitgewery gee