Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Bennie Fritz. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Bennie Fritz. Wys alle plasings

27.10.14

Metamorfose tref Rooi Rose

 HANLIE SWANEPOEL-VORNBERG skryf: Ná aanleiding van Jasper Schellingerhout se uitmuntende berig oor die "Sewentigs en hul nuwe koerant" wil ek graag ´n stuiwer in die armbeurs gooi oor die metamorfose wat die vrouetydskrif Rooi Rose op 10 Maart 1971 ondergaan het.

Soos Jasper skryf van die oorstoot van die sestigs na die sewentiger jare, was hierdie "oorstoot" by Rooi Rose nie so maklik met Martie Snyman aan die stuur nie.

12.5.14

Fotodag 28: Vader van vele

BENNIE FRITZ was meer as 40 jaar gelede die organiseerder van Rooi Rose se babawedstryd.  Destyds het hy die volgende daaroor geskryf:

Nee - ek! Stomme ek! Soos die sand van die see, sal seker nie hiperbolies wees nie as 'n mens dan 'n vergelyking moet tref. Want daar is 30 000 van hulle! Dertigduisend lagbekkies en morsbekkies en kwaadbekkies en skewe bekkies! Dertigduisend kleingoed van oor die hele land en Suidwes met dertigduisend ma's - en net ek is die pa! Vreeslik vir ‘n kuise land soos ons s'n! En wie se skuld is dit?