Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Andries Botha. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Andries Botha. Wys alle plasings

7.8.13

Lani sê dankie

Lani Botha, oudste dogter van Andries Botha wat onlangs oorlede is, skryf:

Geliefde mense

Hier bevind ek myself weer in die donker ure – voorstedelike honde reeds stil en voëltjies nog nie aan’t tjirp nie, selfs Johannesburgse verkeer stillerig. Steeds op soek na brokkies van my pa. Toe kom ek af op K’rant se huldeblyke …

Kostelike en veelsydige herinneringe vol deernis en waardering. Hulle trek eindelose trane … soos uit ‘n lap wat net nie wil droog nie, soos ‘n nat Kaapse winter. En dít na amper ‘n week van sekerheid dat ek die hef van aanvaarding en humor (soos dit die oudste dogter betaam) stewig in die hand het – sonder omkyk of soutpilaar word.

2.8.13

Andries stil-stil ’n baanbreker

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Nog 'n seder tuimel. Dit voel soos nou die dag dat dr Willem de Klerk in die Melkweg tent gaan opslaan het voordat Andries ook daar gaan uitspan het. 'n Mens was gewoond om hom tydens die jaarlikse Perskor-ete te sien. Hy borrel en bruis van groep tot groep. Lag hier en grap daar en nou is hy weg.

Ek het Andries ontmoet nadat ek Die Vaderland vir meer geld by 'n

30.7.13

Wel te ruste, Andries

JOE VAN BUUREN skryf: Die gedenkdiens vir Andries Botha is Vrydag 12:00 by die NG Kerk Vergesig in Brixton gehou.

Buiten die groot getal gesins- en familielede, was daar ook ‘n stewige afvaardiging van Andries se eertydse kollegas teenwoordig. Onder hulle was Hermie Hendriks, Koos Botha, Sieg van Niekerk, André Scheepers, Piet Ebersöhn, Frik van der Walt en ek.

29.7.13

Andries Botha se oud-kollegas bring hulde

Andries Botha, immer-gewilde en joviale Perskor-joernalis is verlede Maandagoggend onverwags in sy slaap oorlede. Hieronder is huldeblyke van oud-kollegas.

Wyle Andries Botha en sy vrou, Elna, vroeër vanjaar by die Perskor-reünie.
Foto:  Peet Simonis.

My pa, Andries Botha

Lani Botha, wyle Andries Botha se dogter, het dié besonderhede verskaf.

Andries Jakob Botha (72) van Rooseveldt Park, Johannesburg, is in die vroeë oggendure van Maandag 22 Julie, 2013 in sy slaap oorlede. Gebore op 28 September 1940 te Steynsburg in die Oos-Kaap met Ronnie en Ana Botha as sy ouers, is hy op 17 Desember 1970 getroud met Elna Delport. Sy oorleef hom.

25.7.13

Regstelling

Lani Botha, dogter van Andries Botha het laat weet:  "my pa is om 02:00 Maandagogend, 22 Julie 2013, in sy slaap oorlede (nie aan ‘n hartaanval nie, soos K'rant berig het nie.) Dis nes hy dit altyd wou gehad het. Hy het self oor enige navraag na iemand se dood gereeld geantwoord:  oorsaak: gebrek aan gesondheid. Hy het werklik salig, in my ma se arms en stil oorgetree".

K'rant vra verskoning vir die fout.

24.7.13

MVJ op soek na waar David die wortel begrawe het …

Meegaande is die laaste storie wat ANDRIES BOTHA verlede week nog vir K'rant geskryf het.  
Hy is Maandagoggend, 22 Julie 2013, oorlede.

ANDRIES skryf: Ons Transvaler-manne was altyd op goeie voet met die manne van die Rooivleisbedryf. Danie Scholtz, wat nou op George woon, was hul segsman en redakteur van die tydskrif Vleis/Meat, vir wie ek gereeld geskryf het om op te maak vir die Krismishoenders (reg gespel) en ander Perskor-streke om ons op ons plek te hou – aan die onderpunt van die voedselketting.

Andries Botha: obituary by daughter, Lani Botha

Andries Jakob Botha, 72, of Roosevelt Park, passed away in his sleep during the early hours of Monday, July 22, 2013. Born September 28, 1940 in Steynsburg, Eastern Cape, to Ronnie and Ana Botha, Andries married Elna Delport on December 17, 1970 and she survives.

Also surviving are his daughters Lani Botha, Anita Stohr and Elmi Botha of Johannesburg; son-in-law Robert Stohr; six grandchildren Kyle, Anja, Ruben, Jani, Zandre and Leia; one sister Nellie van Straaten; two brothers Hennie and Sito Botha; as well as several nephews and cousins. Andries’ elder brother, Vic Botha, preceded him in death.

23.7.13

Die wraak van Rooi Hans en die haker

PIET EBERSöHN skryf: Toe Herman le Roux vertel van die Engelse koerantman wat deur Wollie Wolmarans “Rockspider” gedoop is, dwing my gedagtes terug na my kortstondige rugbyloopbaan in die laer ligas van die toentertydse Transvaalse Rugbyunie.

17.7.13

Só maak mens ... met Wildsvleis

‘n Boek oor wildsvleisresepte wat die smaakkliere tot in die Ou Testament prikkel, het pas uit die pen van Andries Botha en Willem Krog, bekende skrywer-advokaat, verskyn.

Daar is tans ‘n oplewing in die mark vir wildsvleis, wat gestimuleer word deur ‘n landwye veldtog van Wildlife Ranching SA (WRSA), die verteenwoordigende liggaam van Suid-Afrika se sowat 12 000

11.7.13

Marius Jooste, ongenaakbaar – en broos

ANDRIES BOTHA het onlangs met Dot Kruger, jare lange persoonlike assistent van Perskor-grootbaas Marius Jooste gaan gesels. Hy berig: Abrup. Kortgebakerd. Onvoorspelbaar. Kolossaal. Tog soms ongelooflik broos en kwesbaar.

Dis hoe Dot Kruger Marius Jooste onthou “as ‘n man soos Marius Jooste in 'n paar woorde opgesom kan word”.

9.7.13

‘Ek kan Wollie sien wuif’

ANDRIES BOTHA skryf oor Herman le Roux se artikel oor wyle Gert (Wollie) Wolmarans (lees hier): Wat ‘n pragtige storie! Ek kan Wollie al daar van die vliegtuig af vir die skare sien wuif. In die laat jare sestig was hy by DT as ‘n skakelman wat top-staatsamptenare moes bearbei vir DT. Hy het onder meer deur sy skakeling met Lang Hendrik van den Bergh gesorg dat Abel Jones die wêreldscoopfoto gekry het toe Bram Fischer in Corlettrylaan, nie ver van die Wanderersklub af nie, waar hy

28.5.13

Thijs se storie gryp aan

ANDRIES BOTHA skryf: Thijs Nel se storie oor sy kunslesing aan Hermie Hendriks se studente (lees hier) het my aangegryp en behoorlik tot stilstand laat kom. Uitstekende stukkie werk, Thijs. En daai gedig!

Ek wens jy wil Afrikaanse liedjies skryf. Ons kort ‘n geestelike inspuiting in ons “baby, baby”-ledemate om ons weg te ruk uit submiddelmatigheid. Soms lyk dit asof musiek al manier is om die massas te bereik.

29.4.13

Abel Jones ’n ongeslypte diamant

ANDRIES BOTHA skryf: Abel Jones was ‘n ongeslypte diamant. Baie mense wat hom in sy daaglikse omgang, waar hy taamlik bruusk met mense kon omgaan, sien optree het, sou dink hy is ‘n kultuurlose, lomp buffel. Maar onder daardie masker het ‘n mens geskuil wat ‘n smaak gehad vir goeie letterkunde, goeie musiek en goeie wyn.

Ek en Johan Vosloo, ‘n universiteitsmaat wat ek na Die Vaderland

11.3.13

Fotograaf Gert was joernalistieke leermeester soos min

ANDRIES BOTHA skryf: Gert Hattingh, gewese hooffotograaf van Die Transvaler en later baie bekend in die media weens sy kleurvolle en aangename persoonlikheid, was nie net ‘n besonderse fotograaf nie. Hy het ook menige junior verslaggewer touwys gemaak. “Streetwise” is die beste beskrywing van hom, in ‘n enkele woord.

12.2.13

Andries herleef ou-ou rugbydae

ANDRIES BOTHA skryf: Die Francois Roux-storie vat my ook baie jare terug. My ouers het toe op Bancroft in Noord-Rhodesië, vandag Chilila Bomwe in Zambië, gebly en ek het ná matriek in 1959 ‘n tyd daar deurgebring. Ek het vir Chingola – 16 myl van ons af – rugby gespeel saam met onder meer Tom van Vollenhoven en Clive Forman, ‘n briljante losskakel wat vir Rhodesiĕ gespeel het en na elke Springbok-proef in sy tyd genooi is.

24.1.13

Bybelprentjie skop ons uit die Volksraad

ANDRIES BOTHA skryf: Kyk, as 'n man kort is en hy’s skraal en as hy boonop 'n bokbaard het en sy bynaam is Bybelprentjie, dan sal hy Christelik-beleefd glimlag, maar daaragter sit 'n outestamentiese wraak van 'n oog vir 'n oog wat jy net tot jou eie nadeel sal tart.

Dit het gegaan oor die (vir ons bloot tegniese) verbreking van 'n spertyd van 'n aankondiging van komende wetgewing wat Die Transvaler

10.1.13

Fanie en die “force of (political) logic”

ANDRIES BOTHA skryf: Daar is voorvalle in die politiek wat 'n mens nie ligtelik vergeet nie, veral waar dit aankom op belangrike en vername mense wat grootse dade verrig. Onderstaande storie is altyd met smaak herroep deur Blaar Grobbelaar, 'n onvergelyklike meester van die kleinspraak.

Soos wat die gebruik onder politieke korrespondente was, het ek ook maar so

4.1.13

Julle sal my tent tussen sterre in die Melkweg sien staan


"Wat sal ek van my lewe sê? Dit was regtig vir my sinvol en bevredigend. My beroepe, my gesinne. Al het ek ‘n tendens tot donker emosies in my gehad, was ek tog gelukkig. En baie geseënd ook. Ek het nie gely onder gebrek nie. Ek het boorde vol liefde ontvang.”

Willem de Klerk skryf in sy “Groetebrief” wat by sy begrafnis voorgelees is dat hy “nie anders wou gelewe het nie.”