
Ek en Blaar Grobbelaar, wat toe Die Volksblad verteenwoordig het, het Vorster op die trappies van die Senaat hoor praat kort nadat die koukus van die NP hom as leier en dus as Premier aangewys het. Ons het die toespraak ietwat aangepas.
Vorster het gesê: "U vra vir my – en u het goed reg om dit te vra – wat is die pad waarop ek met u gaan lôp en ek sê vir u ek lôp op die pad van 'n Hendrik Frensch Verwoerd. Nou kan u weer vir my vra waarom lôp ek op die pad van 'n Hendrik Frensch Verwoerd en ek sê met oortuiging vir u ek lôp op die pad van Hendrik Frensch Verwoerd omdat ek nie 'n baaisiekel het nie ...”