Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Gert van Tonder. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gert van Tonder. Wys alle plasings

26.9.14

Len, sanger soos min, sing met Min

Verlede week het Hanlie Swanepoel-Vornberg onder meer van Len Lindeque se bekering vertel. In daardie tyd het Len ook langspeelplate gemaak. In Perskorhaan van Augustus 1972 het die volgende berig verskyn:

"Ná my ernstige motorongeluk verlede jaar waarin ek amper gesterf het, het ek besluit om my talente in belang van Christus en sy werk te wy ... “

11.2.13

‘Sproetjies’ styg uit die snippermandjie tot roem

GERT VAN TONDER, gewese advertensiewerwer by Perskor en lid van die beroemde sangpaar, Groep 2, skryf: Dit was so teen Julie se kant in 1975 toe ek by Perskor, toe nog in Aucklandpark, vir diens aangemeld het. Ons het 'n paar maande later Doornfontein toe getrek.

Ek het 'n pos as advertensiewerwer gekry. Dit was geen maklike taak, selfs al in daardie dae, om advertensies vir Afrikaanse dagblaaie te