Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Ona Viljoen. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Ona Viljoen. Wys alle plasings

29.7.15

Reisgogga byt vir Ona by Die Transvaler

ONA VILJOEN skryf: Dis moeilik om te onthou presies wanneer die reisgogga my gebyt het. Dalk was dit toentertyd toe Club Med my na Reunion-eiland uitgenooi het om ’n artikel oor hulle vir Die Transvaler se naweekbylae te skryf.

Ai, hoe lekker was dit nie!! Behalwe dat ek en ’n ander meisie wat ook hulle gas was, een oggend besluit het om "topless" op ’n afgeleë stuk strand te gaan "tan" (dit was nog voordat swaartekrag sy tol geëis het). Sjoe, daardie aand het ons die gevolge gedra: bloedrooi was daardie sensitiewe gedeeltes. In so 'n mate dat die bestuurder se vrou vir ons jogurt gebring het om aan te smeer. Dit trek glo die angel van sonbrand uit!

3.6.14

Hier's Ona!

Iemand het onlangs gevra wat van Ona Viljoen geword  het. Wel, sy bevind haar steeds in die Baai,waar sy na jare by die  Wolraad afgetree het, met seker 'n paar duisend radio-verslae van die  wolveilings agter haar naam. Maar sy bly bedrywig. Sy behartig steeds  die Wolraad se elektroniese nuusbrief en het onlangs haar kennis en  kontakte aangewend om Gerhard Burger se kleinkinders uit Australië te  gaan wys hoe die wol in Port Elizabeth gesorteer word. Soos almal kan  sien, dra Ona haar jare veel beter as Gerhard. (Foto en byskrif ontvang van Gerhard Burger. -- Red.

19.7.12

Frustrasie met fotograwe en goeie raad met rondloperhonde

ONA VILJOEN dink terug aan haar koerantdae: WIE onthou nog toe ons in Braamfontein was? Baie onheil wat laatnag daar uitgebroei het. Dit was dikwels verstommend dat daar die volgende oggend ’n koerant op straat was.

Een slimjan het een aand besluit hulle moet my in telekspapier toedraai sodat ons kan sien hoe sterk dit is. Wel, ... ek kon myself nie losskeur nie!

4.7.12

Ona laat waai nog in die Baai …

Ona Viljoen, eerste TV-korrespondent van Die Transvaler, laat weet dit gaan nog goed met haar daar in Port Elizabeth.

"Ek’s vir donkiejare reeds skakelbeampte vir die wolbedryf, eers by die Wolraad en nou by die kleiner maatskappy, Cape Wools. Ek is ook redakteur vir die Wolkwerkers- vereniging se maandelikse koerantjie, Die Wolboer. Ek heg sommer ’n vars foto van my aan sodat julle kan sien hoe ek nou lyk.