Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.6.12

Eers K’rant, dan Die Burger!

SUZELLE FOURIE skryf: Nee kyk, hierdie ‘Krant-besigheid kan verslawend wees. Julle is nou al derde op my lysie van vroegoggend-leesstof op die internet – dis nou ná my e-pos en die weervoorspelling. Kry selfs voorkeur bo Die Burger!

Dit was wonderlik om iets van Johan Kuns te lees. Ek was destyds sy “informele” assistent wat soms met fliekresensies en onderhoude vir die kunsblad uitgehelp het en ons het goeie vriende geword.

Ongelukkig, soos dit maar met die lewe gaan, het ons oor die jare mekaar heeltemal uit die oog verloor. Ek sal dolgraag weer met Johan wil kontak maak en aangesien ons albei in die Kaap woon, kan ons dalk ’n kuiertjie reël. Kan julle moontlik sy e-pos-adres vir my gee? Ek sal dit baie waardeer.