WILLIE BUYS skryf: Ek stem heelhartig saam met Lita Kotze se skrywe onder die opskrif Omkrultoon-storie van Jasper. Nou, nog voor Lita se skrywe het ek dominee Jasper se storie gelees en, net soos sy, behoorlik hoendervleisbulte uitgeslaan van pure lekkerte oor die behendige taalgebruik van die man.
Wys tans plasings met die etiket Willie Buys. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Willie Buys. Wys alle plasings
17.10.14
Kapper in ons woud is bedrywig
WILLIE BUYS skryf: Ek stem heelhartig saam met Lita Kotze se skrywe onder die opskrif Omkrultoon-storie van Jasper. Nou, nog voor Lita se skrywe het ek dominee Jasper se storie gelees en, net soos sy, behoorlik hoendervleisbulte uitgeslaan van pure lekkerte oor die behendige taalgebruik van die man.7.2.14
As jy met ʼn tornado trou, waardeer jy die windstiltes
Na aanleiding van ANKE VAN NIEKERK, weduwee van daardie kleurvolle Perskorman Evert wat in die lewe motor-redakteur van Die Vaderland was se skrywe in K’rant, het WILLIE BUYS haar gevra om ‘n bietjie uit te brei oor hierdie wyd bekende man in die destydse motorkringe.Dit het maar aanvanklik ‘n bietjie gesukkel, vandaar die feit dié berig
12.12.13
Ingeplof, ja, maar ingegrif
WILLIE BUYS skryf: Die berig in K’rant oor die sloping van die ou Perskorgebou in Empireweg, Auckland Park, Johannesburg, het gemaak dat ek iets doen het wat ek myself belowe het ek soos die pes sou vermy. Dit is naamlik om soos die lewe aanstap, NIE te verval in die een van die irriterendste ouderdomsgewoontes nie. En dit is om dit wat was, op te rakel in die hede. Jy weet, mense te verveel met dié soort van ding: Dit laat my dink aan toe ek jonk/jonger was … 4.12.13
Samevoeging van Sondagkoerante en duur Switserse wekkers
WILLIE BUYS skryf: Die berig uit Hanekraai deur Johan Vosloo oor die amalgamasie van die Afrikaanse Sondagkoerante, Die Beeld (Naspers) en Dagbreek (Afrikaanse Pers Bpk), het heelwat herinneringe uit my geheue-argief losgemaak. Ek weet ook ‘n ietsie daarvan want ek was as ‘n joernalis en kollega van hom en die fraaie Lucia Gomes, wat ook ‘n Hanekraai-bydrae gelewer het, ten nouste op voetsoolvlak deel van die intense redaksionele stryd tussen die twee grootste Afikaanse 5.9.13
Oor harde man Hennie en sosiale ou Otto
WILLIE BUYS skryf: Frikkie van der Walt, deurwinterde en veelsydige joernalis, se skrywe anderdag waarin Otto Krause en Hennie Kotze albei gefigureer het, het allerlei herinneringe by my wakker gemaak. In wyle Hennie se geval het dit my teruggeruk na my vormingsjare as joernalis by ook wyle Die Transvaler.23.8.13
Ontugwet plaas rustige Excelsior met ‘n knal op wêreldkaart
WILLIE BUYS skryf: Dit was kort nadat ek my eerste amalgamasie van koerante (Dagbreek en Sondagnuus en Die Beeld) beleef het en by die destydse middagblad Die Vaderland ingedeel is in die nadraai van dié samesmelting. Die toentertydse nuusredakteur van Die Vaderland, die immergewilde Frans du Toit, nou saliger, het my op ‘n keer ingeroep en opdrag gegee om verslag te gaan doen oor een van die grootste stories van my lang loopbaan.15.7.13
Reaksie op Peet Simonis se berig op MV Jooste
WILLIE BUYS skryf: Ek wou eintlik al vroeër ‘n brief geskryf in reaksie op Peet Simonis se puik artikel waarin hy met ooglopende bewondering vertel van die positiewe kant van mnr. Marius Jooste as mens én sakeman wat ‘n magtige mediaryk opgebou het uit feitlik niks.Nou, ek was een van die mense wat taamlik oningelig was oor die blink kant van Jooste want hy was nie eintlik ‘n toeganklike man nie. En, soos Simonis dit gestel het, mense was bang vir hom omdat hy so ‘n eksentrieke en reguit persoonlikheid gehad het. Soos een van sy lofswaaiers dit gestel het, as hy in ‘n vertrek was, was almal bewus van sy aura. Ongelukkig lei laasgenoemde daartoe dat net die sappig-omstrede kant van sy lewe en optredes so ongeërgd en traak-my-nie-agtig aan sy persona gekleef het.
26.6.13
Kerk en kroeg in bisarre scenario
Willie Buys skryf: Die berig oor die ou kerkie het 'n paar herinneringe by my losgemaak want ek het self heelwat met die eens heilige geboutjie te doen gehad. Eerstens het dit my laat dink aan die lekker ou saamsingliedjie uit my lank vergange rugbydae "die kerk en die bar is langs mekaar" wat ons uit volle meestal beskonke bors gepleeg het nadat die robuuste dinge van die dag op die velde gepleeg is.30.5.13
Huldeblyk aan Evert, motorfanatikus met ’n vaartbelynde spog-sportmotor
WILLIE BUYS skryf: ’n Plat-op-die aarde man, dié Evert van Niekerk, vermaarde motorskrywer van formaat, nou al 20 jaar saliger. Wat jy gesien het, is wat jy gekry het van Evert. Hy was nie hooggegeleerd nie – ek verbeel my hy was ‘n “motormack” voordat hy sy hand met groot sukses aan die motorjoernalistiek gewaag het.Hiervan getuig sy toekenning as Motorskrywer van die Jaar, waaroor
15.5.13
Kranige akteur Hauptfleisch laat huil sy Tientong-karakter
WILLIE BUYS skryf: Pieter Hauptfleisch was een van die beste Afrikaanse akteurs wat die land opgelewer het in die era van ‘n Don Leonard (komediant), Gé Korsten en Gert Potgieter (albei gewilde sangers van faam, in elkeen se eie genres van die stemkuns), Nic de Jager (radio-omroeper, fotoverhaalboekies en rolprent-held uit die tyd van regisseur/vervaardiger Elmo de Witt).23.4.13
A-a-n-g-e-name k-e-n-n-i-s: Tom Buys-styl
16.4.13
Die afgestorwenes kry altyd eer, maar Tom Buys het syne verdien!
9.4.13
Die lewe en tye van ’n vroeggestorwe joernalistieke uitskieter
Hulle was toe altwee nuusredakteurs – Tom van Die Vaderland en Willie van Die Transvaler.
“♪ For everything there is a season, a time to be born, a time to die … .♪”
20.3.13
Semen moes gifmoordenares van galgtou red
WILLIE BUYS skryf: Een van die eienaardigste berigte wat ek in my lang loopbaan van bykans 40 jaar as joernalis gedoen het, het gehandel oor een van die vier berugste gifmoordenaresse in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis. Dit is ‘n berig oor ‘n angsbevange vrou in die skadu van die galg wat op die mees bisarre manier probeer het om die doodstraf vry te spring deur verwagtend te raak.11.3.13
Fotograaf Gert was joernalistieke leermeester soos min
ANDRIES BOTHA skryf: Gert Hattingh, gewese hooffotograaf van Die Transvaler en later baie bekend in die media weens sy kleurvolle en aangename persoonlikheid, was nie net ‘n besonderse fotograaf nie. Hy het ook menige junior verslaggewer touwys gemaak. “Streetwise” is die beste beskrywing van hom, in ‘n enkele woord.
28.2.13
Van handgepakte loodletters tot supervinnige rekenaars vir K’rant 2013
WILLIE BUYS skryf: Kom ek wees eerlik: Ek sukkel steeds om die moderne kommunikasiemedium in sy eenvoudigste vorm (rekenaars) baas te raak en daar is al reeds allerhande angswekkende (vir my, altans) argumente wat oor en weer vlieg in heftige debatte in die grootste Suid-Afrikaanse media se raadsale en redaksielokale.Waaroor? Om Oom Willem Wikkelspies, alias William Shakespear, se
8.2.13
Vasberade ABJ wou niks anders as joernalis wees

Verwysings na wyle ANDRÉ PIENAAR, eertydse finansiële en sportsub en -skrywer van Die Transvaler, en later nuusredakteur van Die Vaderland, het ‘n klompie oudkollegas se gedagtes op ver paaie laat gaan.
Klik hier om 'n vorige berig oor hom te lees.
9.1.13
Papierskeurder in plofbare drukkoker van subkantoor
Aansluitend by die berigte wat die afgelope tyd oor die subkantore van verskillende Perskormedia verskyn het, skryf WILLIE BUYS:In my aanvangsjare as kadetjoernalis by die destydse Die Transvaler in die jare sestig was die gebruik dat beginners eers ’n inisiasiedraai gaan maak het in of die koerantbiblioteek (wyle André du Bruyn, Frikkie van der Walt, wyle Chris Beetge en ander het daar begin).
21.12.12
Die wel en wee van ‘n unieke internetproduk
Seënwense
K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. Ons heropen op 2 Januarie 2013. Vergun ons dan sommer ook dié geleentheid om almal ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe te wens. Ons bede is dat almal ongedeerd en veilig volgende jaar se K’rant in oënskou sal kan neem.
Alvorens ons gaan uitspan, gee ons ’n oorsig van wat K’rant in die eerste agt maande van sy bestaan ervaar en bereik het. Vir dié wat wonder: hoog gewaardeerde kollega en medestigterslid Andries Botha, was met vakansie toe dié stuk gskryf is.
Teken in op:
Plasings (Atom)







