Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

9.9.24

Die Transvaler gedigitaliseer

11 November 1974
Is jy ‘n voormalige verslaggewer van Die Transvaler wat al gewens het jy kan weer jou berigte van destyds lees. Dis nou moontlik.

Klik op https://gpa.eastview.com/dtsa/. Sleutel jou naam of enige ander woord tussen aanhalingstekens in en siedaar, daar’s almal.

Op hierdie webwerf is al Die Transvalers van 1938 tot 1987 volledig gedigitaliseer.  Volgens die webwerf is daar altesame 14 988 eksemplare van die koerant, bestaande uit 310 135 bladsye.

As voorbeeld kan genoem word dat 477 berigte onder die naam Gerhard Burger gevind is.

As jy, byvoorbeeld "Piet Pompies" intik, onthou daar kan meer as een van hulle wees. Die webtuiste sal jou gelyktydig na almal  neem. Onthou ook dat nie al jou berigte destyds onder jou naam verskyn het nie.  Jy kan ook "stadsverslaggwer", "misdaadverslaggewer" ens. gewees het. As jy 'n spesifieke berig/artikel soek, probeer dit met kernwoorde vind.

Die volle bladsy waarin ‘n berig verskyn kan ook as ‘n PDF afgelaai word.

4 Oktober 1972
Speel ‘n bietjie rond op die werf om al die funksies te verstaan. Dis verkieslik om te registreer om al die funksies te kan gebruik.  Klik heelbo regs (klein) en soek vir "Register".

 Die teks van die meeste bladsye is duidelik leesbaar, maar daar is 'n aantal wat nie is nie,  en ander met swart vlekke. Bladsye kan ook vergroot word.  Die naam of woord waarna jy gesoek het, sal in ligblou verhelder wees.  

 Ongelukkig is die foto’s van swak gehalte.

 Die webtuiste meld onder meer:  The Die Transvaler Digital Archive is a valuable resource for scholars of African studies, history, politics, and media. It also represents a valuable historical preservation project and may be of interest to institutions that study war, genocide, the Holocaust, and apartheid.