PIERRE COETZEE het in Oktober 1972 in Perskorhaan vertel van ‘n tipiese Jaap Swanepoel-storie in Die Vaderland. Die storie se aanloop is ietwat geredigeer:"Hierdie storie is nog beter as my eerste storie oor Johannesburg se boemelaars. Ek het nou die hoofboemelaar ontdek, met die weligste
baard.
Hy was op sy dag 'n groot kokkedoor. Hoofkok op die Bloutrein. Kok in die Parlementshuis."