Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Wilma Deetlefs. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Wilma Deetlefs. Wys alle plasings

18.8.20

Wilma Deetlefs oorlede

RONELLE RADEMEYER skryf in Republikein, Namibië: Huldeblyke stroom in op ’n WhatsApp-groep waarop die vriende, familie, kennisse en kollegas van me. Wilma Deetlefs (64), een van Namibië se ses staatsdienskommissarisse, van haar afskeid neem. 

Sy is Donderdag dood in haar huis in Avis in Windhoek gevind. Geen vuilspel word vermoed nie.

Wilma Deetlefs
Wilma Deetlefs


Die kantoor van die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila (links onder), het haar dood gister bekend gemaak. “Ons het ’n ware, toegewyde en beroepstaatsamptenaar verloor,” lui die aankondiging. 

Wilma het die staatsdiens reeds voor onafhanklikwording betree nadat sy haar loopbaan aanvanklik as ’n joernalis begin het. (Wilma was 'n redaksieland van Die Vaderland Die Transvaler.)

Sy was nou gemoeid met die organisering van die geskiedkundige aanvaarding en ondertekening van die Grondwet vroeg in 1990. 

27.3.14

Van ‘Aspoestertjie’ tot kommissaris

WILMA DEETLEFS skryf: Die geluksgodin het ‘n groot rol gespeel in die rigting wat my loopbaan ingeslaan het ná jare in die joernalistiek omdat sy altyd verseker het dat ek op die regte tyd op die regte plek was.

Ek het vir oulaas my Perskor-tikmasjien gegroet by Die Vaderland in Doornfontein kort voor ons terugkeer na Windhoek. Omdat ek nie

9.9.13

Fotodag 2: Wilma val ver

WILMA DEETLEFS het verlede jaar by Vic Falls besluit sy wil die afgrond af.Dié foto's  is in die volgorde van hoe sy haar hoogtevrees aangespreek het.

Na dese huppel sy op die randjies van enige afgrond rond sonder om te skroom.

Foto's gestuur deur Philip Deetelfs.

22.7.13

Viljoenskroon verloor sy glorie

WILMA DEETLEFS skryf: In die dae voordat ek, Philip Deetlefs en Piet Ebersohn saam ‘n huis in Westdene gehuur het, het ons en ook Frans Scheepers, almal ons eie woonstelletjies in Suncliff Terrace in Troyville gehad. Ons het ook al drie daardie tyd by Die Transvaler gewerk. Dit was eers later wat Piet by the Transvaalse Landbou-unie aangesluit het, Philip Sake-Beeld toe is en Frans sy kragte agter die SAUK gegooi het. Ek het alleen by Die Transvaler agtergebly.

17.4.13

Hoe ry Philip trap-trap so!

WILMA DEETLEFS skryf: In reaksie op Philip Deetlefs en Willie Buys se motorfiets-ervaring op die tuinroete en verder suid (lees hier), moet ek darem ook ‘n eiertjie lê. Ek was mos darem een van die passasiers.

Die pad was lank en ons het werklik wind en weer getrotseer op ons omswerwinge. Dit was 1979 en ons het elkeen ‘n begroting van R100

3.4.13

’n Varkboud vir die vrede

WILMA (RUDMAN) DEETLEFS, gewese verslaggewer van Die Transvaler, skryf: Dit was in die laat jare sewentig toe ek, Piet Ebersöhn en Philip Deetlefs ‘n huis in Westdene gedeel het. Dit was ‘n baie gawe reëling, want nou kon ek ‘n hond aanhou en Piet en Philip kon vleis braai soveel soos hul harte begeer.

Om vaste grond onder die voete te hê, was veral lekker nadat ons etlike