Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Annette (Human) Wagner. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Annette (Human) Wagner. Wys alle plasings

25.6.12

Boeke maak, kry voorkeur

ANNETTE (HUMAN) WAGNER, Pretoriase redaksielid van Die Transvaler in die vroeë sewentigs en bekende skrywer van kookboeke, laat weet van Warmbad af:

Toe ek vanoggend (buite was dit nog nagdonker) deur ons kantoorpapiere worstel sodat my man kan gaan betaal, bestel en dies meer wanneer hy vandag op die dorp is, kom ek op jou brief van 12 April oor K’rant af en besef tot my skande ek het nog nie daarop gereageer nie.