Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.6.12

Mof wys hoe

Gerhard Burger onthou Mof Myburgh: Hy het altyd so mooi gesê: Gjertjie, bestel vir ons 'n pot tee. Hy het my een aand in die manne se plek in die Old Boys Club in Oos-Londen aan die skouer gevat en gesê: Gjertjie, laat ek nou vir jou wys hoe werk dit. Toe leer hy my hoe skrum voorrymanne. My rug het die Woensdag daarna begin regkom.