Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Emmie Gous. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Emmie Gous. Wys alle plasings

13.8.13

Emmie laat die mense na hul asem snak in hitstjor-ren!

"JY gaan vanmiddag 'stokkar' ry!" het Tom Buys, nuusredakteur van Die Vaderland, onomwonde gesê terwyl sy "slagoffer", verslaggewer Emmie (Bornman) Gous, so blekerig om die kiewe word.

Maar Tom is nie 'n man wat van teëpraat hou nie en Emmie en fotograaf Frank Rossouw is weg na die Randse Paasskou se arena waar die hitsmotors elke aand gejaag het.