Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Johan Esterhuizen. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Johan Esterhuizen. Wys alle plasings

13.8.24

Essie: "Daar was nooit nukke of buie of ego nie"

PEET VAN STADEN skryf: LAG was maklik … of Essie Esterhuizen in die kantoor, die persbank of op die hoë stoeltjie langsaan in Vegkop was.

Maar dis nou moeilik om oor hom skryf, want Essie was ʼn merkwaardige mens, ingewikkeld in sy oënskynlike eenvoud. Daar was nooit nukke of buie of ego nie. As sportskrywer was hy geen grap nie. Hy was in werklikheid een van die spesiale sportskrywers – en ménse onder hulle – in wat toenemend lyk na die laaste betekenisvolle halfeeu van Afrikaanse sportskrywers.

 Johan Esterhuizen is Dinsdag, 6 Augustus op Ballito dood ná ‘n kort siekbed, soos syverwant Emile Smith in K’rant geskryf het. Hy het die vorige dag 76 geword. Eers washy tennisskrywer by Hoofstad en Die Transvaler, en het daarna veral as krieketskrywer by The Citizen en Rapport naam gemaak. Hy was sportredakteur van The Citizen, en het ook uitvoerig oor boks en rugby geskryf.

7.8.24

Vermaarde krieketskrywer oorlede

PHILIP DEETLEFS laat weet dat Johan (Essie) Esterhuizen, vermaarde krieketskrywer van Hoofstad, Die Transvaler, The Citizen en Rapport, vanoggend oorlede is.

Essie
Hy was eweneens ʼn gerekende rugby- en boksskrywer.

EMILE SMITH EN FAMILIE skryf: Oom Johan (Essie) is Sondag, 28 Julie 2024, in Netcare Balitto opgeneem met ʼn bloeiende maagseer wat gebars het. Hy is daarna vir ʼn noodoperasie teater toe gevat. Hulle het toe hulle skoonmaak bevestig dat hy maagkanker het. Hy is uit die teater na die waakeenheid oorgeplaas, waar hy op ʼn ventilator was. Oom Johan het gister, Sondag 5 Augustus, verjaar en is dus die volgende dag op 76 oorlede. Sy organe het baie swaar getrek en sy hart het vanoggend gaan staan. 

Sy suster Joey se dogter Rika en háár dogter was by hom en hy was nie alleen nie. Die res van die familie moes terugkeer Vrystaat toe omdat hulle Maandag weer moes werk. 

  • Emile is ʼn kleinseun van Rika. -- Red.

14.11.18

Boertjies staan tou

JOHAN ESTERHUIZEN (Essie) voorheen van Hoofstad, Die Transvaler, The Citizen, Beeld en Rapport skryf: In 1982 het ek vir Die Transvaler die eerste keer verslag oor die Wimbledonse tennistoernooi gaan doen.

Dit was my en my goeie vriend, Tobie Mostert van Die Vaderland, se eerste besoek aan Londen.

Ons het erens in 'n klein hotelletjie -- die Tivoli -- gebly, maar ek kan nie onthou waar dit was nie.

1.10.13

Alwyn se unieke bedanking

JOHAN ESTERHUIZEN skryf: Lala se foto's van Alwyn Strydom se afskeid (wat ek jammer is ek het gemis as ek so daarna kyk) het my laat terugdink aan iets wat Alwyn gedoen het wat (waarskynlik) nog nooit in die geskiedenis van die wêreld geëwenaar is nie.

Hier is dit: Alwyn het sy bedanking as sportskrywer van Die Transvaler op Vegkop se kroeg se toonbank op 'n paar velletjies toiletpapier geskryf!

7.5.13

Le Roux stel ’n moordlys op

JOHAN (ESSIE) ESTERHUIZEN, gewese spoertredakteur van The Citizen en sportverslaggewer van Die Transvaler en Rapport, skryf: Ek lees lekker aan die K’rant-stories en dié oor Le Roux Terblanche het my nogal laat terugdink.

Daar in die jare tagtig was Le Roux in 'n stadium The Citizen se sportsub.

1.10.12

Beroemdste “off day”

Johan Esterhuizen skryf: Jammer ek kon nie vorige reunie bywoon nie. Ek bly nou in Ballito, KwaZulu-Natal. My nuwe e-pos-adres is: johanesterhuizen217@gmail.com. Ek lees lekker aan die koerantjie.

Die storie oor Gaby (motorbestuurder Gabriel) was baie goed. Ek en Pieter Kruger van die destydse Vaderland ry op 'n keer Durban toe met Gaby aan die stuur. Daar êrens in Natal vra ek vir Gaby wat het by Bloedrivier gebeur. Sonder om links of regs te kyk, of 'n oog te knip, sê Gaby so in die ry (heel ernstig): "The Zulus had an off day!"