Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.7.19

Oom Hermie in hospitaal

LOUISE BLAKE skryf: Hermie Hendriks se dogter Hermien het laat weet: “Pa het Woensdag flou geval. Hy is in die Flora-kliniek. Die een hartklep wil nie oopgaan nie."
Hermie Hendriks 
verlede jaar toe 
hy 93 was.

10.7.19

John du Toit oorlede op 94

John du Toit in
sy koerantdae.
JOHN DU TOIT, voormalige sportredakteur van Die Transvaler, is Maandagaand (8 Julie 2019) in die ouderdom van 94 jaar oorlede, het Gerhard Burger laat weet. Hy het longonsteking gehad.

John se begrafnis is Vrydagoggend (12 Julie 2019) om 11:00 by die Misty River-oord in Eikenhof.  Dis sowat 20km suid van Johannesburg.

'n Artikel oor John, geskryf deur Herman le Roux, gewese sport- redakteur van Die Volksblad en Beeld het ses jaar gelede in K'rant verskyn. Daarin skryf hy dat dié voormalige Transvaalse en Noord-Transvaalse agtsteman ’n minsame kêrel met ’n sagte hart was. Lees dit HIER.