SCHALK SWANEPOEL skryf: Wat my, as oud-Linotype-operateur by Perskor betref, is die Linotype-masjien ongetwyfeld die ingewikkeldste masjien waarmee ek te doen gehad het in my loopbaan in die koerantbedryf.Dié wispelturige monster van ’n tikmasjien – uitgevind deur die Duitse horlosiemaker, Ottmar Mergenthaler en deur Thomas Edison beskryf as “die agste wonder van die wêreld” – kon ewe eens jou vriend of jou vyand gewees het.

