Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket August du Preez. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket August du Preez. Wys alle plasings

30.1.13

Kopspeldterreur by Die Vaderland

JAPIE BOSCH skryf: In die dae van tikmasjiene was kopspelde volop in Die Vaderland (en ander koerante) se redaksie. Berigte was op “seksies” getik en dié is dan vasgespeld voordat dit vir die nuusredakteur gegee is. (Skuifspelde is gebruik om byskrifte aan foto’s te heg.)

Kopspelde is ook gebruik om berigte uit koerante wat opgevolg moes word, te sny pleks van ‘n hele koerant of twee oopgevou op jou lessenaar te hê.

27.7.12

Die luukse van ’n keuse

AUGUST DU PREEZ skryf: Philip se bydrae oor die hoenders as Kersbonus verwys. Ons kon darem kies tussen 'n hoender en 'n bottel bruiswyn!

19.5.12

"By-lines" aan skerwe!

AUGUST DU PREEZ skryf: Toe K'rant se redaksie my versoek om meer te vertel oor die klouterdief wat Johannesburg in die 70’s op hol gehad het, het ek onwillekeurig teruggedink aan my soeke na „by-lines” as jong en onervare verslaggewer by Die Vaderland.
Pas 19 en eintlik nog ’n „cub reporter” wat as misdaadverslaggewer by Frikkie van der Walt oorgeneem het, moes ’n mens êrens jou merk probeer maak (en die „by-lineˮ was baie belangrik!) Twee sulke doelgerigte pogings