Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.3.20

Thijs was skepper oor wye front

PAUL KRUGER skryf oor die talente van sy vriend en kollega, Thijs Nel, wat Saterdag oorlede is: Thijs was op sy dag kunsredakteur van Die Vaderland, toe die grootste dagblad in die RSA.

Hy was ‘n kunstenaar van formaat en sy talente was oor ‘n wye front versprei, hy was skilder (verskeie suksesvolle kunsuitstallings deur die jare), hy was pottebakker, digter, kortverhaalskrywer, navorser en kenner van CJ Langenhoven se werk wat hy in ‘n omvattende boek saamgevat het.

30.3.20

Thijs Nel oorlede


THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en befaamde kunstenaar, is Saterdagoggend in die versorgingseenheid van ‘n aftreeoord in Oudtshoorn oorlede, het Paul Kruger, ‘n goeie vriend en kollega van destydse laat weet. Hy was 76.

Thijs wat alleen gewoon het, het sowat ses weke gelede siek geword. Vriende wat na hom omgesien het, het hom gehelp om na ‘n aftreeoord te verhuis. Voor dit was hy nog bedrywig met keramiekwerk en het ‘n opdrag vir ‘n fontein vir iemand in Fancourt, George, voltooi. Hy het veral naam gemaak met sy skilderye en was ook skrywer en digter.

21.3.20

Wouter de Wet oorlede

Wouter de Wet, destyds Die Transvaler se kunsredakteur en vir dekades lank RSG se aanbieder van die programme “Dis Opera” en “Loof die Here” is op 9 Maart by sy huis in sy slaap oorlede.

Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG skryf: "Dis met hartseer dat RSG afskeid neem van ‘n geliefde omroeper, Wouter de Wet. Hy is vroeg vanoggend (9 Maart) by sy huis oorlede ná ‘n kort siekbed. Hy het kanker gehad.

Wouter se uitsaailoopbaan strek oor 52 jaar. Dit het begin nadat hy by Die Transvaler in Johannesburg gewerk het. Wouter was ook ‘n groot tennis-ondersteuner en het vir jare lank tennis van Wimbledon in Londen uitgesaai.
Wouter het in Desember 2019 finaal uitgetree".

18.3.20

Perskor-reünie uitgestel

Weens die vrese vir die verspreiding van die Corona-virus, en veral omdat ouer mense maklik vatbaar is vir die infeksie, het die reünie-komitee besluit om die ete van Sondag 22 Maart 2020 onbepaald uit te stel. -- Harald en Aletta Pakendorf, Louise Blake en Madelaine Page

11.3.20

Western Transvaal Record palm trofee in

ENGELA (Badenhorst) KORKOWSKI skryf uit Duitsland hoe 1974 ‘n interessante jaar by die Western Transvaal Record was. Die WTR het destyds weekliks verskyn.

In Augustus 1974 het die Franse nasionale Rugbyspan met spelers soos Arturo Ortzabal en Denoit Dauga in die span, ‘n georganiseerde toer deur die opleidingsentrum van die Stilfonteinse myn gedoen en die Western Transvaal Record, het dié storie “eksklusief” gedek.

5.3.20

Happie plaas, happie stad

KARIN PRETORIUS skryf: Ek blaai deur ‘n ou foto-album vol stof opsoek na familiefoto’s. Is dit nie snaaks om nog foto-albums te besit nie? Met foto’s wat in goue of swart driehoekies vasgeplak is? Maar hoe gooi mens dit sommer weg met soveel herinneringe?

My oog val op ‘n artikel wat ek op 30 Desember 1975 op versoek van nou wyle Kitty Vermaak, vroueredaktrise van Die Vaderland, geskryf het: Happie plaas, happie stad … dit smaak beter saam.

4.3.20

Reünie, 2020

Onthou asb om teen 17 Maart 2020 te laat weet of jy en ‘n metgesel die Perskorreünie in Johannesburg gaan bywoon. Indien jy wel die uitnodiging aanvaar het en nie ‘n antwoord gekry het dat ons jou daar sal sien nie, beteken dit ons het nie jou e-pos gekry nie.

Kontakbesonderhede:
Vorige berig en padkaart HIER.

3.3.20

Kotie van Heerden oorlede

KOTIE VAN HEERDEN, een van die stigtersbestuurslede van Rapport, is in die ouderdom van 80 aan nierversaking in Alberton oorlede.

Van Heerden, saam met die koerant se destydse hoofbestuurder, Tobie Boshoff, se grootste deurbraak om die koerant se sirkulasie in die 1970's te help bou, was waarskynlik die koerant se betrokkenheid by boks.

2.3.20

Peet verklap sy geheime

PEET SIMONIS skryf: Ek sien K’rant is op soek na sy duisendste “storie”. Jare gelede het ek die eerste een geskryf toe ek die eerste weergawe van die blad op die internet begin het. (Lees die voetnota.)

As my ou vingers, wat nou byna 83 jaar oud is, nie te veel bewe nie, haal ek dalk nog die saktyd vir nommer een duisend. Beurtkrag moet net saamspeel ... en natuurlik moet die storie/s goed genoeg wees anders land dit in K’rant se snippermandjie.