Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Frikkie van der Walt. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Frikkie van der Walt. Wys alle plasings

27.6.14

Die Valiant kom terug

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Perskor het só baie publikasies gehad dat die manne in die fabriek groot geld met oortydwerk verdien het. Die meeste van hulle het soggens ingeklok en laat saans huis toe gegaan. Een van die baie voormanne, Rudie Mioch, het een aand gespog dat hy teen Woensdag reeds sy weeklikse kwota ure gevul het en op Donderdag soos hy dit gestel het op tyd en ‘n half gegaan het. As hy dan nog naweke gewerk het, was dit volgens hom dubbeltyd.

24.4.14

Só onthou ek vir Jan Syfert

 FRIKKIE VAN DER WALT skryf oor Jan Syfert wat dié week oorlede is: Ek het Jan Syfert, gewese hoofsubredakteur van Dagbreek, geleer ken toe ek en Willem Knoetze beurte gemaak het om Saterdae vryskut by destyds se grootste Afrikaanse Sondagblad in die wêreld te werk.

Doug Jones het die twee van ons eintlik maar net gebruik om te hoor

11.4.14

Moenie ’n skut op die grootte van sy skietding takseer nie

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare tagtig toe die terreurstryd van plase na stede se kroeë en kerke deurgesypel het, het al wat leef en beef vuurwapens vir selfverdediging gekoop. Aanvanklik het ‘n mens ‘n wye keuse tussen pistole, rewolwers en gewere gehad. Namate terreuraanvalle toegeneem het, het wapenwinkels se voorraad opgedroog en moes ‘n mens vat wat beskikbaar was. Nog later is jou naam op ‘n lys geplaas. En met elke aanval of ontploffing het die lys

27.11.13

'n Stem uit die hemel

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Kort nadat Perskor van Aucklandpark na Doornfontein verhuis het, was die terugtog werk en huis toe dubbel so ver met byna ‘n dosyn ekstra verkeersligte. Nie ‘n reuseprobleem vir skofwerkers nie, omdat ons byna nooit in spitsverkeer beland het nie. Op pad werk toe het ‘n mens getrou by verkeersligte stilgehou, maar ná middernag op pad huis toe sonder enige verkeer was ‘n rooi verkeerslig ‘n sinnelose oponthoud. Iemand het gesê ‘n mens hanteer ‘n verkeerslig ná twaalfuur snags soos ‘n stopstraat.

20.11.13

Sindikate slaan toe en steelfoto’s span die kroon

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Voornemende regslui studeer jare lank aan universiteite om hulle beroep te bemeester. Misdadigers vat gewoonlik ná 'n onbesonne blaps kortpad tronk toe vir gespesialiseerde opleiding deur geharde misdadigers. In dié “universiteit” leer hulle prakties hoe om 'n opvolgbesoek deur die polisie en inhegtenisneming te vermy. Die meer geslepe kalante word dáár, voor hul ontslag, deur sindikaatleiers gewerf en by bendes betrek.

18.10.13

‘Voluntary confession’ maak sake toe moeilik

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Op ‘n dag stap ek en The Star se misdaadversaggewer, Alan Hardy, op pad na ‘n misdaadkonferensie in John Vorsterplein met die trappe op en kry ons ‘n plas bloed op die trappe. Alan wonder of dit ‘n ongeluk- of aanrandingslagoffer se stille getuienis is.

“Nee,” help ek hom reg. “Voluntary confession.”

20.9.13

Kontrak met ’n laksmannetjie

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Marshallplein was wêreldbekend as Johannesburg se polisiehoofkantoor met ‘n geskiedenis wat dekades terug strek. My eerste kennismaking met ‘n misdaadkonferensie in die historiese gebou het aan die verkeerde kant begin.

Daar was nie parkeerplek by die hoofingang nie en ek is in ‘n systraat afgelaai. Die selle was onder die gebou met ‘n rits vensters wat op

4.9.13

Andries wou nog weet, toe hoor hy stasiebom

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare sestig het ‘n voornemende joernalis se loopbaan in Die Transvaler se telekskantoor as papierskeurder begin. Anders het jy handgeskrewe briewe oorgetik of in die biblioteek beland waar jy elke dag se berigte uitgeknip en op A4-blaaie vasgeplak het. Dis volgens ‘n onderwerp soos boks, stoei, politiek, misdaad, hoofartikels, ens geliasseer. Dieselfde geld vir foto’s. Onderskrifte is uitgeknip en agter op foto’s geplak waarna dit ook

15.8.13

As lekker langer as ’n vinger lank raak

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Die Transvaler het benewens sy joernaliste en fotograwe op ‘n string medewerkers en korrespondente staat gemaak om die nuusnet so wyd moontlik te gooi. Een van hulle, Otto Krause, was ‘n politieke skakelman wat sakemanne op die hoogte van politieke verwikkelinge gehou het en hoe dit hulle ondernemings kan raak.

2.8.13

Andries stil-stil ’n baanbreker

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Nog 'n seder tuimel. Dit voel soos nou die dag dat dr Willem de Klerk in die Melkweg tent gaan opslaan het voordat Andries ook daar gaan uitspan het. 'n Mens was gewoond om hom tydens die jaarlikse Perskor-ete te sien. Hy borrel en bruis van groep tot groep. Lag hier en grap daar en nou is hy weg.

Ek het Andries ontmoet nadat ek Die Vaderland vir meer geld by 'n

16.7.13

Hannes se kulkunsie sorg vir scoopfoto’s

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Joe van Buuren het ‘n rukkie gelede in K’rant berig oor die wonderwêreld van hedendaagse slimfone en hoe dit joernaliste se lewe vergemaklik. Jare gelede het die polisie maklik op ‘n kamera beslag gelê om te voorkom dat ‘n foto in die koerant verskyn. Deesdae kan enigeen foto’s, beeldmateriaal en klank op ‘n selfoon afneem en kantoor toe stuur voordat iemand kan inmeng. ‘n Regering kan ontken dat rebelle ‘n helikopter afgeskiet het soos in

4.7.13

Bierplesier om die koffietafel

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Ooggetuies is meestal nie geloofwaardig as daar ‘n kamera in die omgewing is nie. Mense wat net die slag van ‘n noodlottige botsing gehoor het, wurm maklik voor die kameraman in en ‘n afleiding word ‘n ooggetuieverslag. Die Vaderland se fotograwe sou ‘n groepfoto van die vertellers neem en sodra die ware ooggetuie uitgeken is, sou hulle eenkant ‘n foto van dié neem. Dis egter nie net sogenaamde ooggetuies wat op die foto in die koerant

20.6.13

As water- en ander slange die ledigheid verdryf

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: ‘n Poets is gewoonlik heelwat snaakser as ‘n mens nie aan die ontvangkant is nie. Werkers in Perskor se fabriek in Aucklandpark, Johannesburg, wat as gevolg van die maatskappy se stortvloed koerante en ander publikasies gereeld oortyd gewerk het, het tussen die versorging van die publikasies genoeg vrye tyd gehad om mekaar en ander poetse te bak.

4.6.13

Dobbelfnuiker krap Diamond se kaarte deurmekaar

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Een aand saal ons weer in Vegkop vir ‘n loopsoop af. Ons het skaars met die eerste bier klaar gespeel of kroegman Danie kondig aan iemand koop vir die hele kroeg ‘n dop. ‘n Rukkie later word ons weer van ‘n geskenkdop in kennis gestel. Ons gaan kyk wie is ons weldoener en kry hom by Vegkop se baas Diamond se dobbelkring. Die manne dobbel geesdriftig om ‘n hoop note op die toonbank. Toe merk een van Perskor se vakleerlinge op dis meer geld

2.5.13

’n Skinkbord bier vir die Vegkop-harlekyne

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Die nagkantoormanne het gewoonlik kort voor Vegkop se sluitingstyd by die geroesemoes aangesluit. Vernon Marais het ‘n dubbele whisky gedrink en ‘n sigaartjie gerook, terwyl die res met ‘n bier ontspan het. Almal wou gewoonlik net twee biere drink en ons het losweg boek gehou van wie vir ‘n ronde betaal het sodat iemand anders die volgende aand kan betaal.

27.3.13

Oom Sarel bring ’n basiese lessie tuis

FRIK VAN DER WALT, gewese nagredakteur van Die Transvaler, skryf: Die Vaderland se nuusredakteur in my beginnerdae daar, Sarel van der Walt, was ‘n deurwinterde joernalis met ‘n landwye netwerk kontakte.

Hy het so ‘n groot swart boek met kontaknommers gehad. Elke kontak het sy eie bladsy gehad met die kontakpersoon se naam en

6.3.13

‘Koop nog ‘n bottel Oude Meester en moenie die Coke vergeet nie!’

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Douglas Jones was ‘n speurder voordat hy die joernalistiek betree het. Volgens sy vorige kamerade en die deurwinterde skrywer en misdaadverslaggewer Chris Vermaak het Dougie se dossiere soos speurverhale gelees.

Ek het hom deur Willem Knoetze geleer ken, wat Saterdae as huursoldaat vir Dagbreek opgetree het. Willem het voorgestel dat ek

5.3.13

‘Doodsrit’ genees Frikkie van motorfietse

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: My mede-nagredakteur, Dave Viljoen, het in Die Transvaler se Doornfonteinjare ‘n motorfiets gekoop. Vermoedelik om streng brandstofbeperkings tydens die huidige bewind se vryheidstryd te systap of dalk net vir plesierritte.

Willie Buys en Phillip Deetlefs het kort daarna sy voorbeeld gevolg.

28.1.13

Meneer met ’n geweer

FRIK VAN DER WALT skryf: Daar was in my groentjiejare byna 'n halfeeu gelede nooit genoeg fotograwe om aan politiek, sport, finansies, algemene redaksie, vroueredaksie en landdros- en hooggeregshof se joernaliste se behoeftes te voldoen nie.

En almal het op die beste fotograwe aangedring omdat 'n goeie foto jou beriggie stukke beter laat lyk.

10.12.12

’n ‘Mack’ met ‘n Magnum maak amok

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Lotelinge is in die jare 60 opgelei om met FN-gewere te skiet. Jy kon selfs 'n pantservoertuig met 'n Energa-granaat voor aan die geweer uitwis. Maar die meeste van ons was te jonk om as 'n gewone burger 'n vuurwapenlisensie te kry. Dieselfde wet het vir jong polisiemanne gegeld. Hulle is ook opgelei om verskeie vuurwapens te gebruik, maar kon, as ek reg onthou, eers op 18-jarige leeftyd 'n rewolwer of pistool kry. Hulle is wel met 'n knuppel en boeie toegerus.