Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Frans du Toit. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Frans du Toit. Wys alle plasings

14.2.14

Pas getroud en platsak maak hulle houtwerkers

FRANS DU TOIT, voormalige assistent-redakteur van Die Vaderland en Raymond Cragg, voormalige administratiewe groepshooffotograaf van Perskor, se belangstelling het nie by die joernalistiek en kameras opgehou nie.  Hulle kon ook met saagmasjiene en beitels werk.

Frans vertel: “My houtwerkgier het hier in 1956 begin. Ek was pas getroud, brandarm (R80 per maand as junior verslaggewer by Die Transvaler) en feitlik meubelloos. Ons het 'n enkel-woonstel gehad en selfs daarin was net die noodsaaklike -- 'n bed-rusbank, twee leunstoele, kombuistafel en vier stoele.”

24.6.13

’n Groot joernalistetekort

FRANS DU TOIT, assistent-redakteur van Die Vaderland, skryf in Januarie 1973 in Perskorhaan:

Wat het van die Afrikaanse joernaliste geword? Die manne verantwoordelik vir die personeel by al vier Perskor se koerante, soek na 'n antwoord op hierdie vraag.

Die Transvaler, Hoofstad, Oggendblad en Die Vaderland het elkeen 'n groot personeeltekort. Aan die einde van November was daar 18 vakatures by Die Vaderland alleen. By die ander het dit nie veel beter gegaan nie.