Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Jean Oosthuizen. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jean Oosthuizen. Wys alle plasings

14.6.17

Dankie, jy het ons nooit gedrop nie

JEAN OOSTHUIZEN se huldeblyk aan PG du Plessis wat op 11 Junie 2017 in Rapport Weekliks verskyn het met onder meer die brief wat hy vir sy redaksie geskryf het toe hy weg is as redakteur van Hoofstad.

Jean skryf: Die meeste mense sal PG du Plessis waarskynlik onthou as dramaturg, skrywer, storieverteller en televisiepersoonlikheid van formaat.

Oor sy bydrae tot die letterkunde, die toneelwêreld en as akademikus is daar meer as genoeg bekwame mense wat daaroor kan skryf.

Ek onthou hom as my heel eerste koerantredakteur by die destydse middagblad Hoofstad in waar hy my as jong, nat-agter-die-ore joernalis aangestel het.

8.3.13

Heksetyd – verlede nag

JEAN OOSTHUIZEN, gewese politieke korrespondent van Die Transvaler, laat weet: HANNES CILLIERS wat toenterjare terug saam met my by DT gewerk het, het die stuk ’n paar jaar gelede op Perskor se webwerf geskryf. Dit handel oor die lewe in die nagkantoor destyds by DT. Dit is miskien nie vir sensitiewe lesers bedoel nie. Maar dis hoe dit was en geskryf soos net Hannes kon. Hy noem dit Heksetyd – verlede nag. (K’rant het die geswets uitgedoof. – Red.)

21.2.13

‘Time, gentlemen!’

JEAN OOSTHUIZEN, gewese politieke redaksielid in die Perskorstal, skryf: Ek kan skaars glo dit is byna 28 jaar sedert een van die beste koerantredakteurs wat ek ooit geken het so roemloos in die pad gesteek is deur ’n direksie wat geen benul gehad het waaroor joernalistiek eintlik gaan nie. Ek praat van Harald Pakendorf.

By hom het ek geleer om respek te hê vir meerderes en vir mense in

21.1.13

Ek sal julle nie "drop" nie

JEAN OOSTHUIZEN skryf: My heel eerste redakteur as joernalis by die destydse Hoofstad in Pretoria was PG du Plessis. Toe hy destyds uit die joernalistiek is en weg is by Hoofstad het hy die volgende stuk in Perskorhaan geskryf onder die opskrif  “Ek sal julle nie 'drop’ nie.” Dit sê nogal vir my iets van koerantmense en dit is seker daarom dat ek dit nog al die jare gebêre het. (PG verwoord juis dit wat K’rant aan die gang hou. – Red.)

PG het geskryf: