Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.6.12

Nou lol K’rant met my spertyd

GERHARD KLEIJN ‘n gewese nuusredakteur van Oggendblad, skryf: Ek het nou net ‘n lekker nostalgiese trippie met die K’rant saam gevat. Dit terwyl ek my eintlik dringend moet besig hou met die haal van nog ‘n speryd. Deur die jare kon ek eenmaal nie my dagbladmentaliteit afskud nie. Los bykans alles tot op die laaste moontlike oomblik om ons maandelikse tydskrif persklaar te kry. As julle wil, kan julle by www.bronberger.co.za gaan loer om ‘n idee te kry van waarmee ek my die afgelope tien jaar besig hou.

Dankie aan julle ou strydrosse vir K’rant. Ek het die skakel by my gunstelinge gevoeg.

By "Ons vergeet nie" sien ek nie die name van Kobus Blignaut, Chris Louw, Johann de Beer en Theo Kleyn nie. Kobus was nuusredakteur by Vaderland en ek meen Chris ook. Theo was ‘n verslaggewer by Hoofstad. Johann was in Oggendblad se sportkantoor.

Kobus was ook in die beginjare ‘n fotgraaf by Oggendblad en Chris ‘n verslaggewer.

Iemand, ek dink Thys Human, het gevra oor Oggendblad se vroeë personeel. Ek gaan sommige vergeet, maar ek sal probeer:
  1. Harald Pakendorf (redakteur) Koos Liebenberg (assistant-redakteur) Herman Snyman (nuusredakteur) Douglas Davis (assistant-nuusredakteur) Koos du Plessis (hoofsub) Pieter Schoombee (sub) André le Roux (sub) Leon van den Berg (sub) Dries le Roux (sub) Freek Robinson (sub) Hans Oosthuizen (sub).
  2. Johan Volschenk (sportredakteur) Leon Gouws (sport) Wim van den Berg (sport) Johann de Beer (sport) Martha ? (sport) Heloise Davis (sport) Leendert Pieterse (sport).
  3. Gert Hatting (fotograaf) Johan Wagner (fotograaf) Kobus Blignaut (fotograaf) Ettiene Lambrecht (fotograaf) Chris Hartzenberg (fotograaf) Deon ? (fotograaf) Len Ward (fotograaf).
  4. Wilma Mathee (vroue) Diane de Beer (vroue) Annetjie ? (later met Johan Wagner getroud), Marié Botes (vroue).
  5. Dries (Sonnie) Sonnekus, Jean Goossen, Etienne Kriel, Louis Roux, Bosman Olivier, Paul Boekooi, Chris Louw, Gerhard Kleijn, Jaap Theron, Dries van Heerden, De Wet Potgieter, At Viljoen, Hess de Villiers, Aletta Greyling (Pakendorf) Hoepel Scheepers.
En dis sover as wat die onthouding nou strek. Ek sal seker later in ‘n hoe-kon-ek-hom-tog-vergeet-oomblik of twee, nog onthou.

Oorle' Koos Doep het kostelike byname vir die meeste van dié karakters gehad, wat ‘n ou dalk later kan deel. Koos het trouens kostelike byname vir almal gehad. Die versamelnaam wat hy vir ons nagspan gehad het wat snags ná saktyd op die subtafel of die brandtrap gereelde suip-en-sing-sessies gehou het, was "Die Mitchelstraat Mannekoor". (11 Junie 2012.)

(Baie dankie vir die broodnodige lysie. Wie het lus om iets soortgelyks vir Hoofstad op te stel? Etienne Kriel het ‘n storie oor die “Mannekoor” belowe. Hopelik kry ons dit binnekort. Die bynaamstorie sal baie gaaf wees, Gerhard. – Red.)