Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Gert Coetzee. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gert Coetzee. Wys alle plasings

17.3.22

Gert Coetzee oorlede

Gert Coetzee
SALOME KOTZEE van die Klerksdorp Rekord skryf: Gert Coetzee, voormalige verslaggewer by Die Vaderland en Die Transvaler is op 24 Februarie 2022 oorlede. Hy was 69. Hy het demensie gehad, maar is aan hartversaking oorlede. 

Gert het in sy pa, Jannie Coetzee, se voetspore gevolg en sy koeranttande in 1972 gesny toe hy by Die Vaderland begin werk het. Jannie was destydse Die Vaderland se Wes-Transvaalse verteenwoordiger en later hoofverslaggewer. 

18.2.16

Soektog na Swazi se bont klippe

HAZEL CUTHBERTSON writes: I came across the K'rant blog today, and I wonder if you could help me?

I am trying to contact Gert Coetzee who had an article published in Die Vaderland on 10 June 1975. It was called "Ou Swazi se bont klippe op die kyk-kassie".

6.8.14

Oor knorpotte en gesteelde toebroodjies

GERT COETZEE skryf: Oom Mike van Niekerk bel my op ’n aand toe ek die Ooste vir Die Transvaler beman; ek moet die een of ander storie dringend gaan doen, foto’s neem en dit so gou doenlik deurstuur vir die volgende oggend se uitgawe.

Ek vertel vir Oom Mike my Skottie, McDonald, is siek en ek moet hom dadelik veearts toe vat. Oom Mike sê hy is jammer om dit te hoor, hy het nie mense om die storie te doen nie en as ek dit nie doen nie, ek my toekoms by die koerant gerus maar die volgende dag met Die Pous moet bespreek.

15.10.13

Willem de Klerk-legger gee Gert nuwe lewensin

GERT COETZEE skryf: Ek was agt toe ons Krugersdorp toe trek. Ons was in die Dopperkerk agter die dam en standbeelde, oorkant die koshuis van die Hoërskool Monument, en ons predikant was doktor Willem de Klerk.

Hy het die slag gehad om vir jou spesifiek te preek, of jy agt of tagtig was. Nie vuur, swael of ’n outestamentiese, ewige verdoemenis nie.

19.7.13

André de Kock, die doodsveragtende uitdager

GERT COETZEE skryf: Ek kry so ’n week of wat gelede ’n boodskap van ’n verlangse kennis: Kyk gou nuus op SABC3; André de Kock het weer ’n wêreldrekord opgestel vir deur ’n vuurtonnel jaag. Op dié tydstip is ek ná (akuut) werk op pad huis toe in die blitsbus na Blouberg en ek mis die bulletin. Maar op die bus loop die gedagtes altyd flink, anders verveel jy jou daai 35 minute vrek.

21.3.13

Allerdame Kittie laat rowwe Gert bloos

GERT COETZEE skryf: Enigiemand wat Kittie Vermaak ontmoet het, sal saamstem sy was die allerdame van joernalistiek.

Jongtyd daar in Aucklandpark was ons ’n redelike rowwe spul in die Kindergarten langs die lang gang af. As tannie Kittie sou instap, het jy jou beste maniere uitgestal, opgehou vloek en jou gedra. Nie dat sy ooit veroordeel of gekritiseer het nie, sy was net so ’n pragtige, ordentlike mens, jy wou haar onder geen omstandighede aanstoot gee nie.

18.2.13

Stokou waaier simboliseer Perskor se kanniedoods

GERT COETZEE skryf: ’n Bydraetjie vir K’rant (en terloops, die verspreiding is puik – my foon tjier-riert elke oggend vroeg, dan lees ek hom eers voordat ek opstaan. Geluk!).

Die magtige Perskor sing toe nou sy swanesang ondanks al die leuens, leë beloftes en versekerings, partytjies (onthou die een by die burgemeesterslapa van Verwoerdburg) en bedrog wat aan ons opgedis

8.2.13

Vasberade ABJ wou niks anders as joernalis wees


Verwysings na wyle ANDRÉ PIENAAR, eertydse finansiële en sportsub en -skrywer van Die Transvaler, en later nuusredakteur van Die Vaderland, het ‘n klompie oudkollegas se gedagtes op ver paaie laat gaan.

Klik hier om 'n vorige berig oor hom te lees.

5.12.12

Suzelle laat Gert China toe verlang

GERT COETZEE skryf: Suzelle Fourie se vertellings uit landelike China was eerstens skitterend saamgeflans en tweedens vir my baie besonder, omdat ek my heeltemal kan vereenselwig met die plek en sy magiese bekoring.

My oorspronklike reproduksie is naamlik al 20 maande in China en ongelukkig is die kêrel nie joernalisties ingestel soos die derdegeslag-verslaggewer wat hy as 'n seuntjie oorweeg het om te word nie. (Ek en my pa het hom aanhoudend, in stereo, afgeraai om in ons voetstappe en nering te volg.) Gevolglik is die skrywe en bellery en skypery so skraps van sy kant af dat ek my vrek sit en verknies van verlange.

24.9.12

Harde skool en kleinste salaristjeks as koerantman

GERT COETZEE skryf: Ek het as ’n verwaande, tienderjarige uitspoegsel van die Puk by Die Vaderland in Aucklandpark, Johannesburg, aangekom. Net onder ons het dit by Die Transvaler gewemel van ’n swetterjoel jongetjies, maar ek was ’n geruime tyd lank die “baba” van die vierde verdieping, as’t ware die speelding van die redaksie.

My eerste nuusredakteur was ’n swaargewig. Nie die skreeuende, tierende,

29.6.12

Uit herinnering se wei …

GERT COETZEE skryf: Ek het Philip en Wilma Deetlefs met 'n breë glimlag in K’rant raakgelees. Die laaste keer toe ek in hul kontrei was, was in Augustus 1981.

Drie maande-kamp in Sektor 10. Natuurlik het een of ander nuusredakteur met galgehumor dit, nadat ek uitgeklaar het,

2.6.12

La-a-ang werkvakansie vir Gert

GERT COETZEE skryf: EK het opdrag (by K’rant se redaksie) gekry om ’n CV deur te stuur, wat ek so bondig moontlik doen – eintlik het ek iets heeltemal anders op die hart!

Nietemin (in geen besondere volgorde nie): leerlingverslaggewer (Die Vaderland, Aucklandpark), Landdroshofverslaggewer (DV), Hooggeregshofverslaggewer (DV),
Vaaldriehoekse Verteenwoordiger (DV), Oos-Randse Verteenwoordiger (Die Transvaler), Senior Verslaggewer (Beeld), Nagnuusredakteur (Beeld), Verre-Noord-Transvaalse Verteenwoordiger (DT), Redakteur (Noord-Transvaler), Hoofsub (Klerksdorp Rekord), Afrikaanse skrywer, TV-Nuus (SABC), Vryskut (wie ook al nie geweet het wat om met hul geld te maak nie, onder meer AngloGold, Rapport, OFM, landboukoöperasies). Tussendeur het ek ’n hele klompie nuustafels beman – nie uit verdienste nie, maar net uit afsterwe en siekte. Dié jaar is ek 40 jaar in die, soos hulle sê, "game".

28.5.12

Opperste heer met ’n vlymskerp humorsin

GERT COETZEE, gewese assistant-nuusredakteur van Transvaler, skryf oor sy pa,  JANNIE COETZEE, Wes-Transvaalse Verteenwoordiger en later hoofverslaggewer van Die Vaderland en Transvaler.

My pa het pas in sy veertigs in Klerksdorp aangekom, maar omdat hy voortydig spierwit grys was, was hy toe al