Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Estelle de Bruyn. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Estelle de Bruyn. Wys alle plasings

17.10.22

Vrouens wat ʼn verskil gemaak het!


ESTELLE DE BRUYN skryf:  DAAR is drie, nee, maak dit vier vroue; goed, vyf; nee ses; sekerlik, sewe as ek eerlik moet wees. Wel, nee dis agt, dalk nege, vrouens wat ek alles aan verskuldig is.

Ek kan nie sê ek het bereik wat ek bereik het, vanweë hulle nie, want ek het nie veel bereik nie, maar hulle was almal inspirasies.

Nommer een ... maar dis nie in enige bepaalde rangorde nie.

Toe ek klein was en ek het koerant gelees, was dit net alles mans se outeursreëls, maar daar was een vrou, Rykie van Reenen.

30.9.22

Mentors, base en klase op my pad

ESTELLE DE BRUYN skryf: Ja, ek dink ons het dalk almal iemand gehad wat ons hand iewers langs die pad gevat en ons op die spoor gesit of gehou het. Ek het drie ridders gehad wat my fakkels hooggehou het en dis tyd dat ek krediet gee vir die ongelooflike leiding wat hulle vir my gegee het. (Gits, dis jammer om te sê, maar hulle was almal mans.) 

Nommer een: Harald Pakendorf. Hy was my eerste redakteur. Hy was soos ʼn “rockstar”. Ons het hom almal as “meneer” aangespreek en hy het dit verdien. 

5.9.22

So het dit begin

ESTELLE DE BRUYN skryf: Ek het moeilik begin lees. My pa het koerante gelees en my ma storieboeke. 

Toe ek klein was, was dit vir my erg. As hulle gelees het, het hulle nie aandag aan my gegee nie. Geabsorbeer in hul eie wêrelde. 

So, ek het ‘n teësin vir lees ontwikkel. Ek het my skoolboeke gelees, maar storieboeke was nie vir my nie. 

Ek was ‘n enigste kind. My ma was kwaai en pa was ‘n lekker warm kombers wat my beskerm het, so natuurlik het ek begin koerant lees, eerder as die storieboeke wat my ma gelees het. 

29.9.15

Kom ons leer Russies praat


André du Toit
ESTELLE DE BRUYN skryf: Die assistent-redakteur van Die Vaderland toe ek in1981-1982 daar gewerk het, was André du Toit. Hy het eendag vertel dat hy Russies leer.

Hoekom? wou ons weet. Ai ai ai, verduidelik hy aan ons groot-oog jong joernalissies: "As die kommuniste hier oorneem, en die Russe kom, gaan ek die ou wees wat hulle wys waar die kafeteria en die toilette is!"

5.6.14

Waar is die dae?

ESTELLE DE BRUYN skryf: Waar is die dae waar daar skelm en soms nie eens so skelm nie op kantoor gedrink is, ‘n asbak op byna elke lessenaar gestaan het, snippermandjies tot oorlopens toe vol was en ‘n sub nie gehuiwer het om bulderend en vloekend oor die vloer ‘n jong joernalis in te lig wat hy van sy/haar taalgebruik dink nie.

Waar is die dae dat jong joernaliste die vrees van die dood vir die nuusredakteur gehad nie en “come hell or high water” jy nie sonder ‘n storie-idee by ‘n dagboekvergadering opgedaag het nie.

2.5.14

Terug na waar ek hoort

ESTELLE DE BRUYN skryf: K'rant vra ek moet skryf oor die joernalistieke pad wat ek sedert my Perskor-dae geloop het. Dit sit my aan die dink.

Dit is ‘n lang en kronkelrige pad, oor die spreekwoordelike berge en dale.

Ek was maar vir so ‘n jaar en ‘n half by Perskor voor die liefde my

20.12.12

Uit Estelle se Vaderland-fotoalbum

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het nog ‘n slag in die fotoalbum van haar Vaderlandse dae (toe sy nog Oosthuizen was) gaan krap en met nog ‘n klompie juwele vorendag gekom.

Dankie vir die voorreg om hierdie met K'rant te deel. Dit was nou 'n heerlike "trip down memory lane".

11.10.12

Estelle herleef Vaderland-dae

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het deur haar foto-albums gaan blaai en afgekom op 'n klompie foto's uit haar Vaderland-dae, toe sy nog Estelle Oosthuizen was.

Sy deel dit met K'rant se lesers.




26.7.12

Die wind was 'n vars briesie uit Namibië

Estelle de Bruyn
ESTELLE DE BRUYN (née Oosthuizen), redakteur van Republikein, skryf: Philip Deetlefs het my laat weet van K’rant en ek geniet dit behoorlik om oor die herinneringe van eergister te lees.

“Ek was kortliks van 1981 tot 1982 werksaam by Die Vaderland in Doornfontein as stadsverslaggewer. Dit voel egter of ek ’n leeftyd se herinneringe in daardie kort tyd ingepak het. Dis waar ek André de Bruyn ontmoet het, dolverlief geraak het en hom later Windhoek toe gevolg het.