GERT VAN ROOYEN, koerantman en akademikus, skryf: DIE
afgelope maand is daar twee groot bome in die Perskor-bos gekap toe éérs
Philippa Breytenbach en toe David van Rooyen oorlede is.
PHILIPPA BREYTENBACH is op 4 September aan ʼn hartdefek in Johannesburg oorlede, drie dae voor haar 90e verjaarsdag. Sy het grootgeword in Frankfort en Alberton en in die Lambton-skool in Johannebsurg matrikuleer. Ná matriek het sy ʼn diploma in joernalistiek by die destydse Witwatersrandse Kollege vir Tegniese Onderrig verwerf en in die vyftiger jare by die SAUK se musiekafdeling begin.

