Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Omtrent ons

K’rant is ‘n webjoernaal vir voormalige werknemers van destyds se Perskorporasie van SA.

Die doel is dat joernaliste, fotograwe en ander kollegas hul herinneringe herroep en dit met mekaar deel.  Oud-kollegas wat hul eie inkomste genereer, mag ook gratis advertensies op die joernaal plaas.  Besonderhede is heelonder.

K’rant het sy oorsprong by epos-nuusbriewe bestaande uit bydraes van Perskor-werknemers. Op 28 Mei 2012 is dié idee verder gevoer met die totstandkoming van hierdie webjoernaal.

Dit bied ‘n nostalgiese kyk na die verlede. Hier sal jy lees waar oud-kollegas hulle nou bevind. Terselfdertyd bied dit ook die geleentheid om weer ou vriendskapsbande te smee.

K’rant word bedryf deur drie mede-redakteurs. Hul name en epos-adresse is in die kolom regs bo.

Oud-Perskor-werknemers kan gerus ander oud-kollegas van hierdie besondere joernaal vertel. Dit is nie net lekker-lees nie, maar ook verrykend en sal jou terugverplaas na ‘n onvergeetlike tydperk in die Suid-Afrikaanse joernalistiek.

Daar word gepoog om daagliks, naweke uitgesonder, minstens een nuwe storie in K’rant te plaas. Dis net moontlik om dit te doen met bydraes van oud-kollegas.

Dus, kollegas, stuur julle stories en moenie van foto’s vergeet nie.

As jy K’rant vandag vir die eerste keer besoek: speel rond met jou rekenaar se muis. Hier is vertellings wat jou ure lank op ‘n ontdekkingstog sal neem.

Maak ook 'n punt daarvan om op K'rant in te teken en kry 'n epos-kennisgewing van nuwe stories.

Geniet K’rant!