
“Die Potgieter-trofee
Vir diegene wat die pot misgesit het
Dis okorraait
Gaan spreek jou huisdokter
Jy’t dalk verkeerd getaaip”
En vir Thys onthou ek toe ek in 1963 Durbanse Verteeenwoordiger in opvolging van At van Wyk geword het. Thys was toe by die SAUK en ons het genoeglike ure saamgebring onderwyl hy my ook heelwat gehelp het om kontakte in die vreemde Ingilse stad op te bou. Dankie, Thys!
Terloops, dr. Fritz Potgieter is weg van Die Transvaler af nadat die koerant 'n groot hofsaak teen die Rand Daily Mail verloor het oor wat hy van die RDM geskryf het en wat as lasterlik bevind is.