Wys tans plasings met die etiket Fotodag. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Fotodag. Wys alle plasings
19.5.14
Fotodag 29: 'n Partytjie vir die redaksies
MNR HENRI LAURIE, ons adjunk-besturende direkteur, het onlangs (1974 –Red.) 'n onthaal vir redaksielede by sy huis gereël om dankie te sê vir die spanpogings wat daartoe gelei het dat daar ‘n styging in die sirkulasiesyfers van veral Die Vaderland en Die Transvaler was.Hieronder is 'n paar foto’s wat tydens die geselligheid geneem is.
12.5.14
Fotodag 28: Vader van vele
BENNIE FRITZ was meer as 40 jaar gelede die organiseerder van Rooi Rose se babawedstryd. Destyds het hy die volgende daaroor geskryf:Nee - ek! Stomme ek! Soos die sand van die see, sal seker nie hiperbolies wees nie as 'n mens dan 'n vergelyking moet tref. Want daar is 30 000 van hulle! Dertigduisend lagbekkies en morsbekkies en kwaadbekkies en skewe bekkies! Dertigduisend kleingoed van oor die hele land en Suidwes met dertigduisend ma's - en net ek is die pa! Vreeslik vir ‘n kuise land soos ons s'n! En wie se skuld is dit?
5.5.14
Fotodag 27: Die Vaderland se langasems oor 50km

RIA RABIE het drie foto's wat die spangees destydse by Die Vaderland mooi illustreer, gestuur. PIETER KRUGER verduidelik wat op die dag gebeur het. Hy skryf: Ek kan nie onthou presies wanneer dit was nie, maar dit was ´n groot uitdaag-spanaflos waar maatskappye die media uitgedaag het vir 'n aflosmarathon. Die wedloop was oor 50 km tussen Springs en Johannesburg.
22.4.14
Fotodag 26: Reünie, 2014
Piet Pille was daar en Jacques Bosch, Hannes de Wet, Carla, Harald, Herman, Hans, Gert van Tonder, Koos Botha en Frikkie, Jakkie en Marie, Joe, Alita, Piet Ebersöhn, Somarie, Foeta, De Wet, Raymond, Carénè en nog 'n klomp ander.Die geleentheid was vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers op Sondag, 30 Maart 2014 by 'n restaurant in Wilgeheuwel, Johannesburg. 'n Vorige storie van Peet Simonis oor die byeenkoms is HIER.
14.4.14
Fotodag 25: Daar was 40 000 doopouers!
![]() |
| Eerste uitgawe: 1 November 1972 |
![]() |
| Laaste uitgawe: 19 Februarie 1983 |
Die bestuur het 'n wedstryd uitgeskryf om aan ons jongste suigeling 'n gepaste naam te gee. Meer as veertig
31.3.14
Fotodag 24: Jooste met nuwe motor in ongeluk
DIE besturende direkteur van Perskor, mnr Marius Jooste, en sy eggenote, mev MH Jooste, was onlangs in 'n motorongeluk naby Witkoppen betrokke. Mev Jooste is met 'n heupbesering en veelvuldige kneusplekke in die Edenvalehospitaal opgeneem. Mnr Jooste is, ná behandeling ontslaan.
Die volgende dag, ná behandeling, is mev Jooste toegelaat om huis toe te gaan.
24.3.14
Fotodag 23: Perskor-biblioteek se eerste dae
Só het Perskor se naslaan-biblioteek op die derde verdieping in Julie 1949 gelyk toe Die Vaderland (destyds die Afrikaanse Pers Beperk) na sy nuwe en huidige gebou in Aucklandpark getrek het. Stapels en stapels ingebinde koerante, lêers vol uitknipsels en foto's,
blokke, tydskrifte en wat alles daarmee gepaard gaan, moes na die nuwe gebou gepiekel word.
17.3.14
Fotodag 22: Neil Diamond in Dittonlaan
STELLA NIEMAND skryf: Wie onthou nog die dag toe Neil Diamond 'n draai in die berugte Dittonlaan 10, Aucklandpark, gemaak het? Daar was wel diegene wat sou sweer dis eintlik Gert van Rooyen, 'n kollega, maar hulle weet nie wat hulle misgeloop het nie!Vir die oningewydes: 'n hele klompie van DT se jongklomp het in die jare sewentig by die adres gewoon en baie gedenkwaardige (ook minder gedenkwaardige) dinge het daar gebeur.
3.3.14
Fotodag 21: ʼn Fees wat nie end wou kry
GERHARD KLEIJN skryf: Onthou julle vir Gerhard van der Merwe? Einste hy wat destyds die salarisleer van Die Transvaler af Vleissentraal toe geklim het en toe nogal aktief betrokke geraak het by die Landbouskrywersvereniging? Nou, uit die bloute uit stuur Gerhard se dogter, Marlou, onderstaande kiekie aan.Ou Gerhard was nogal kranig met kitaar in die hand en het ‘n heel
17.2.14
Fotodag 20: Bekende rugkante
![]() |
| Junie 1970 |
Natuurlik mnr. Marius Jooste en Gary Player. Gary was dié dag, gedurende 'n toernooi op Randpark, so reg op sy stukke, maar -- glo dit as jy wil - die APB se speler het met die toernooi weggestap. Prys? Twee gholfballe. (Berig en
3.2.14
Fotodag 19: Die H in Boer
AGTER die foto hieronder skuil frustrasie en drama. Dit is in die middernagtelike ure op 'n oggend verlede maand (September 1972) geneem nadat vasgestel is dat 'n boer van Rustenburg as 'n vrou van bedenklike sedes aangedui is.Die fout het voorgekom in 'n bylae van Die Transvaler en is eers ontdek
nadat 40 000 eksemplare gereed gelê en wag het om by Die Transvaler ingevoeg te word.
Om die bylae oor te druk, was buite die kwessie. Al genade was om die letter "H" in die woord "boer" met 'n swart pen dood te krap.
13.1.14
Fotodag 16: Boet en boet?
GERHARD BURGER, voormalige sportredakteur van Die Vaderland en redakteur van Transvaler, het dié twee foto's uit sy versameling aan K'rant gestuur.
Elke Maandag is fotodag in K'rant.
Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe
Elke Maandag is fotodag in K'rant.
Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe
6.1.14
Fotodag 15: Skurk Japie loop sy rieme styf
JAPIE BOSCH skryf: ‘n Student, in my jong dae altans, was gereeld op soek na ‘n naweekwerk vir ‘n paar rand. As ‘n tweedejaar in 1965 het ek ‘n Saterdagwerk gekry om ‘n rol in een van die destydse gewilde fotoverhaal-boekies te speel. Ek moes ‘n skurk wees in ‘n boekie met die naam, Die Swart Adelaar: Operasie H-bom. Die prys waar dit op die straathoeke verkoop is, was 20c.9.12.13
Fotodag 14: 'n Trotse reus groet
26.11.13
Fotodag 13: 'n Sêd affêre
18.11.13
Fotodag 12: Len se Pen weer doodreg
Len Lindeque is terug in Aucklandpark! Sy glimlag is nog net so breed soos altyd en sy "Hallo Baby" weerklink soggens net so gulhartig soos vanouds. En dit bewys dat hy volkome herstel het van sy onlangse en ernstige siekbed. ![]() |
| Februarie 1972 |
11.11.13
Fotodag 11: Foto's uit 'n toegeplakte boks
JAPIE BOSCH skryf: Met die onlangse opruiming van my garage het ek op meegaande foto's in 'n ou toegeplakte boks afgekom -- almal uit die 1970's. Watse heerlike kyk en gesprek met myself was dit nie.Nou wonder ek: as ek sulke kwaliteitfoto's tussen my 'rommel' gekry het, dan moet daar seerseker nog garages van ander oud-kollegas wees waar versteekte Perskor-"skatte" is.
4.11.13
Fotodag 10: Jakkie ontmoet Mohammad Ali
JAKKIE GROENEWALD skryf: Ek sien die manne vra foto’s van my in Binnelanders. Daarvan het ek ongelukkig nie.Ek skiet tans aan Pandjieswinkel van PG du Plessis en sal foto’s neem.
Hier is intussen een van my saam met Mohammad Ali toe hy SA in die jare negentig besoek het. Ek was in daardie stadium hoofbestuurder
28.10.13
Fotodag 9: Fotograaf wees, is nie net drawwe nie

Persfotograwe het dit soms nie te waffers nie. Hulle moet dikwels langs die rugbyveld draf om 'n wendrie te probeer skiet, dan weer 'n gru-toneel van 'n ongeluk op film vaslê. Gelukkig is daar ook die "ligter" oomblikke wat in 'n mate vir die minder lekkeres vergoed. Meegaande foto's van Vaderland-fotograwe het in Junie 1977 in Perskorhaan verskyn.
Teken in op:
Plasings (Atom)










