Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.6.12

Nog knaterflaters met vertalings

ANDRIES BOTHA skryf: Hierdie enetjie het Johannes Froneman 'n jaar of wat met ons gedeel onderwyl ons beoordeling vir ondernemende joernalistiek-toekennings vir die gemeenskapspers gedoen het.

Count Basie, die man wat onder meer Rock-a-bye-Basie as 'n topverkoper agter sy naam het, se naam is deur die SAUK vertaal en hy word toe sommer Graaf Basie!

Dan het daardie Amerikaanse President wie se personeel die speletjie “follow the leader” na “swallow the leader” verander het, ene Bill Clinton, se verdraagsame vrou, Hillary, wat nou in ons taal die Amerikaanse minister van buitelandse sake is, maar in Yank-taal die Secretary of State heet, se titel is deur die SAUK sommer die “sekretaris van staat” gemaak.

Eintlik heel onvanpas, want al wat kersregop staat aan haar is Bill.