Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Thijs Nel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Thijs Nel. Wys alle plasings

31.3.20

Thijs was skepper oor wye front

PAUL KRUGER skryf oor die talente van sy vriend en kollega, Thijs Nel, wat Saterdag oorlede is: Thijs was op sy dag kunsredakteur van Die Vaderland, toe die grootste dagblad in die RSA.

Hy was ‘n kunstenaar van formaat en sy talente was oor ‘n wye front versprei, hy was skilder (verskeie suksesvolle kunsuitstallings deur die jare), hy was pottebakker, digter, kortverhaalskrywer, navorser en kenner van CJ Langenhoven se werk wat hy in ‘n omvattende boek saamgevat het.

30.3.20

Thijs Nel oorlede


THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en befaamde kunstenaar, is Saterdagoggend in die versorgingseenheid van ‘n aftreeoord in Oudtshoorn oorlede, het Paul Kruger, ‘n goeie vriend en kollega van destydse laat weet. Hy was 76.

Thijs wat alleen gewoon het, het sowat ses weke gelede siek geword. Vriende wat na hom omgesien het, het hom gehelp om na ‘n aftreeoord te verhuis. Voor dit was hy nog bedrywig met keramiekwerk en het ‘n opdrag vir ‘n fontein vir iemand in Fancourt, George, voltooi. Hy het veral naam gemaak met sy skilderye en was ook skrywer en digter.

17.9.18

Selfsugtige minister wou in vrede vakansie hou

THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland, skryf: Die gewoel deesdae om toerisme binnelands en vanuit die buiteland te stimuleer, het iewers in die paar grys selle wat ek nog oor het, ‘n onthou-lêer nadergetrek.

Ek was gelukkig om in 1968 vir die eerste keer ‘n oorsese reis te onderneem. Ek was toe nog by Die Vaderland, maar het op die een of ander manier vir drie maande gaan vakansie hou. Eintlik om te ondersoek of ek nie dalk met ‘n sangloopbaan ‘n ander heenkome kon vind nie. Gehoorprobleme as gevolg van outo-schlerose, het egter my droom van ‘n sangloopbaan gekelder met die gevolg dat ander talente, hoofsaaklik skilder, beeldhou, pottebakkery en skryfwerk oorgeneem het.

8.12.16

Besondere eer val Thijs Nel te beurt

SCHALK LE ROUX, redakteur van Die Hoorn in Oudtshoorn, skryf: ’n Besonderse eer het Thijs Nel, oud-kunsredateur van Die Vaderland en deesdae gevierde kunstenaar van Oudtshoorn, te beurt geval!

Hy is genooi na die opening van die nuwe vleuel van die Montreal Museum of Fine Arts in Kanada, waar een van sy werke uitgestal word. Die museum het Thijs se werk, ’n keramiekpot, in 1998 by ’n kunsuitstalling ,“Down to Earth”, in die LongHouse Reserve in Long Island in Amerika gekoop. (Die geleentheid was sowat 'n maand gelede gehou. -- Red.)

17.6.14

Kunsredakteur nael 100 tree in 10.2s

Hooffoto:  Thijs Nel, die atleet, in 1958.
Inlas:  Thijs Nel, die kunstenaar, in 2014.
Gerhard Burger het verlede week onder meer vertel dat Thijs Nel, oudkunsredakteur van Die Vaderland, ‘n knap atleet was. Op versoek het Thijs in sy fotoalbums gaan soek en dié foto wat uit 1958 dateer, gekry. Dit het destyds die Noord-Transvaler se sportblad gehaal. “Ek was 13 jaar oud en het die 100 tree in 10,2 sekondes op daardie dag afgelê. Thijs was ook ‘n goeie 220 tree-, 440 tree- en verspringatleet. “Ook ‘n kranige swemmer maar toentertyd was daar nie skoolgalas nie,” vertel hy. “Dit voel soos 'n 100 jaar gelede.”

(K’rant sal graag foto’s van oudkollegas se sportprestasies wil ontvang. – Red.)

3.12.13

Diesulkes begrawe ʼn mens nie

THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en internasionaal bekende kunstenaar, skryf: Frikkie van der Walt se woes-ry-storie het my aan Hendrikus van der Walt herinner ... een van die stil en waarskynlik heel vergete prinse in die drukkery toentertyd (in my tyd) by Perskor in Aucklandpark.

Ek gebruik nie die woord ‘wyle’ nie want vir my gaan niemand dood

22.5.13

Kuns en kultuur weerspieël volk se welstand

THIJS NEL was kunsredakteur toe Perskor se skool vir joernaliste in die lewe geroep is. Oom Hermie het hom ingespan om ‘n lesing te gee oor: ‘Hoekom ‘n kunsblad in ‘n koerant?’

Vreemd genoeg onthou ek daardie praatjie van my, toegelig met kleurplaatjies (slides) van allerlei artefakte om te probeer gewig gee aan my redenasie. Ek was immers altyd in die spervuur met ‘n gebrek

1.3.13

Verlepte kranse – ’n wandeling deur my kerkhof

THIJS NEL skryf: My moeder het altyd gesê ons sê nie genoeg dankie nie en dus wil ek hiermee ook darem ‘n paar keer dankie sê aan al die mense in die joernalistiek wat my met soveel deernis bygestaan en gehelp het. Dit was veral oom Hermie Hendriks wat vir my ‘n vader was, hoewel hy dit nie geweet het nie en my so ongelooflik help slyp het. En Frans du Toit, Tom Buys, oom At de Beer met wie ek die geleentheid gehad het om ‘n week voor hy dood is, per telefoon met hom te kon praat en dankie kon sê dat hy altyd in die bresse getree het vir ‘Sonnyboy’ soos hy my genoem het, ook oom Sarel van der Walt, Kitty Vermaak, Joan Kruger en Paul Kruger – almal mense wat my lewe geweldig verryk het! 

6.6.12

Terugkyk is soos 'n begraafplaas-wandeling

THIJS NEL was meer as 40 jaar gelede kunsredakteur van Die Vaderland. Sedertdien het sy skilderwerk internasionale aansien gekry.

Afbeeldings van sy skilderye is hieronder.

Thijs het al meer as 40 uitstallings wêreldwyd gehou en van sy kunswerke is in talle museums en private versamelings opgeneem waaronder:

11.5.12

Vertel ons van glipse

Thijs Nel, oud-Vaderland-kunsredakteur, stel voor: "Nouja, miskien kan ons van ons eie glipse in K’rant getuig?ˮ Hy het dié glipse hierby aangestuur. Laat gerus van julle hoor.