Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.6.12

‘n Wonderlike vonds

ANDRÉ VAN DER MERWE het laat weet: "Ek het tussen my goed begin krap en op hierdie drie kiekies afgekom". Hy het ook die byskrifte voorsien. (Die foto's sal moontlik enkele sekondes neem om af te laai.)

André was in Perskorburo se kantoor in Port Elizabeth en daarna militêre verslaggewer by Die Vaderland.

Met die ontvangs van die foto's was die onmiddellike reaksie soos volg:

Piet Ebersöhn: "Wat 'n wonderlike vonds is hierdie nie?!"
Willie Buys: "Nou begin ek wragtig nostalgies raak oor die ou dae toe joernaliste nog 'n sekere aansien gehad het in die gemeenskap."
Japie Bosch: "Pragtig! Pragtig! Pragtig! Al is ek ook daar."

(Wil ons ander kollegas nie André se voorbeeld en ook 'n bietjie krap nie? -- Red.)
 
Bo: Dié foto het in Perskor se jaarverslag van 1977 verskyn. Dis die nuusbestuursgroep in die nuusredakteur se kantoor van Die Vaderland in Doornfontein. Van links af is: Japie Bosch (nuusredakteur), Joe Loretz, Hannes de Wet, Douglas Jones, Willem Knoetze, Andre van der Merwe en Antonie Richards (assistent-nuusredakteur). 


Bo: Perskorburo se span in Port Elizabeth. In die Baai word dinge op die maat en met 'n slag gedoen -- 60 note (woorde) per minuut.  Blaas die manne nie hule eie beuel nie, speel hulle hul eie klavier (teleksmasjien).  Dis Blignaut de Villiers op die op die E-mol Bastuba en André van die Merwe by die "tellie". Blignaut had vroeër jare in die Weermag en Lugmagorkes gespeel.


Bo: Sneeu in Johannesburg in 1981. Ek dink dit was 8 September. Die drie is Piet Ayres, André van der Merwe en Herman Snyman. Dit was voor die gebou in Doornfontein. Dit was Piet se Ford.