Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Suzelle Fourie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Suzelle Fourie. Wys alle plasings

13.11.19

Suzelle Fourie in haar slaap dood

Suzelle Fourie
JOHANN VERSTER, vroeër misdaadverslaggewer by Die Vaderland en Transvaler en later motorredakteur, het ons laat weet dat Suzelle Fourie byna agt maande gelede oorlede is.

In ‘n berig wat Johann aangestuur en reeds op 1 April 2019 in Weslander (kantoor in Vredenburg -- Red.) verskyn het, skryf Trish Goosen: “Suzelle Fourie, gewese mede-eienaar van Weslander, is verlede week (in Maart 2019 -- Red.) in haar slaap dood.

“Suzelle (77) was meer as 20 jaar (1979-2000) die redakteur van Weslander voor sy en haar man, Gerrie, die koerant aan Media24 verkoop het.”

14.8.15

Juhan Kuus is oorlede

SUZELLE FOURIE skryf: Met ‘n geskeurde skouerspier wat my uit die slaap hou, bring ek my nagte meestal deur met swerftogte op die internet. Tydens so ‘n laatnag geswerf die afgelope week kom ek toevallig af op ‘n berig oor die onlangse dood van fotograaf Juhan Kuus in Kaapstad.

Ek het Juhan nie goed geken nie, maar onthou hom wel. Hy het in die vroeë jare sewentig saam met oorle’ Gerrie (fotograaf Gerrie Fourie, Suzelle se man -- Red.) vir Rapport gewerk en ek onthou dat Gerrie destyds groot agting vir Juhan se werk gehad het. Hy het hom as een van die beste persfotograwe in Suid-Afrika beskou, ‘n mening wat deur vele ander in die beroep gehandhaaf is.

29.8.14

Hanlie se storie vervolg

SUZELLE FOURIE skryf: Ek het Karin Pretorius se bydrae oor Hanlie Swanepoel en haar lewe in Oostenryk met plesierige belangstelling gelees. Ek onthou nog vir Hanlie van die vroeë sewentigerjare, toe ek ‘n onervare groentjie-verslaggewer by Die Vaderland was en sy een van die gelukkiges wat ordentlike opleiding in Perskor se joernalisteskool ontvang het.

15.5.14

Vaderland-babas maak oom Apie lam

SUZELLE FOURIE skryf: Ek sien julle ouens voer ‘n stryd om K‘rant se wiele aan die rol te hou. Dit verstaan ek goed. Dis mos maar soos enige koerant ook is: ‘n onversadigbare monster wat jy moet bly voer!

In die lig hiervan werp ek ‘n stuiwertjie in die armbeurs en hoop dis van nut. Gelees in die politieke gees van 2014 is die storietjie helaas so onkorrek (of is dit nou inkorrek?) as kan kom, maar dis vir julle ouens

22.4.13

Toe “spark” Ghriespomp beter as 60 ander ouens

EVERT VAN NIEKERK, die destydse motorredakteur van die Die Vaderland, is in 1970 as Motorskrywer van die Jaar aangewys. Die Vereniging van Motorskrywers het hom uit 61 inskrywings die beste geag.

In Hanekraai van Augustus 1970 het kollega Suzelle du Preez (toe
was sy nog ongetroud en het later Fourie geword) haar indrukke van Evert weergegee. Evert het ook ‘n storie oor sy ervarings geskryf.

5.11.12

An injection a day keep the diplomats away

SUZELLE FOURIE se laaste aflewering van haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Dit bestaan uit uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika.

21 October 2004: All very quiet up here on the north-western front. I'm living a fairly indolent existence with

29.10.12

Met my paspoort in sy sak beduie hy ons moet saam polisie toe

SUZELLE FOURIE  skryf verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Volgende week verskyn haar laaste aflewering.

5 Augustus 2004: Voort met die reis deur Xinjiang...

22.10.12

Daar is seuns van vyftien, sestien jaar met grys hare in my klas

SUZELLE FOURIE  vertel verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Hierna volg nog twee aflewerings.

 2 Julie 2004: Die woord “hitte” het ’n nuwe dimensie

15.10.12

‘Toe sing ek Hansie Slim op Chinese TV!’

SUZELLE FOURIE vertel verder oor haar ervarings as “foreign expert” in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. 

13 Mei 2004: Uiteindelik begin klasgee! Ek spog nou met 'n imponerende rooi boekie, die "Foreign Experts

9.10.12

China is nie vir sissies nie . . . ! (1)

SUZELLE (DU PREEZ) FOURIE woon sedert Gerrie se dood in 2003 in die Milnerton-omgewing in die Kaap, daar waar sy soggens “die Berg kan groet”.  Op ouderdom 66, sê sy, is sy dankbaar dat sy nooit weer ’n koerantstorie hoef te skryf nie. Nadat sy die Weskus verlaat het, het haar lewenspad egter eers ’n wye draai deur ’n afgeleë gebied in die verre

23.7.12

Dis bra vaal, die Es-y-bie-sie se rugbytaal

SUZELLE FOURIE skryf: Ek wil graag ook ’n stuiwertjie bydra tot daardie immer-groeiende beurs van irritasies wat deur sogenaamde rugby-kommentators op die arme luisteraars ”losgelaat” word.

Waar, wanneer en waarom het die nare gebruik tog posgevat dat elke liewe siel agter die mikrofoon hulle deesdae soos volg uitlaat:

25.6.12

Vertel die stories solank jy kan onthou!

Suzelle Fourie skryf: In die lang lys van mense wat op K’rant se jongste uitgawe gesoek word, sien ek Paul Kruger wonder wat van Joan (Crafford) Kruger geword het. Dié woelgees, wat in die jare sedert haar groentjiedae by Die Vaderland al ‘n doktorsgraad in die letterkunde verwerf het, is in die Kaap. Sy is ‘n mede-stigter en direkteur van TiP Publishing, wat ‘n verskeidenheid sogenaamde nis-tydskrifte publiseer. Hul kantore is in Woodstock, telefoonnommer is (021)447-6094. Joan se e-pos-adres is joan@tipafrica.co.za

14.6.12

En só beland ek toe by ’n koerant…

SUZELLE FOURIE (née du Preez) was in die 1970's by Die Vaderland. Sy vertel hier van haar lewenspad.

Dit was waarskynlik nooit oorle’ Ma se bedoeling dat ek ’n loopbaan, ’n liefde en uiteindelik ook ’n lewe in die koerantwêreld moes vind nie. Sy het eintlik gehoop dat ek sinnigheid in hulle hubare jong dominee sou kry. Maar bedoeld of onbedoeld, dit was aan Ma te danke (of te wyte, afhangend

11.6.12

Eers K’rant, dan Die Burger!

SUZELLE FOURIE skryf: Nee kyk, hierdie ‘Krant-besigheid kan verslawend wees. Julle is nou al derde op my lysie van vroegoggend-leesstof op die internet – dis nou ná my e-pos en die weervoorspelling. Kry selfs voorkeur bo Die Burger!