Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.6.12

David wen Citadel-prys vir geldskrywers

DAVID VAN ROOYEN, eertydse sportredakteur van Die Vaderland en later finansiële redakteur van Transvaler, is pas as die algehele wenner van Citadel se gesogte “Words on Money”-toekenning vir joernalistiek aangewys.


Hy is tans redakteur van Sake24.

Hy het in die verlede van die afdelings gewen, maar dis die eerste keer dat hy die hoofprys inpalm.

Neil Brown, die uitvoerende hoof van Citadel, het die toekenning aan hom oorhandig. (Foto: Citadel)