Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Frans Roodt. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Frans Roodt. Wys alle plasings

13.8.24

Essie: "Daar was nooit nukke of buie of ego nie"

PEET VAN STADEN skryf: LAG was maklik … of Essie Esterhuizen in die kantoor, die persbank of op die hoë stoeltjie langsaan in Vegkop was.

Maar dis nou moeilik om oor hom skryf, want Essie was ʼn merkwaardige mens, ingewikkeld in sy oënskynlike eenvoud. Daar was nooit nukke of buie of ego nie. As sportskrywer was hy geen grap nie. Hy was in werklikheid een van die spesiale sportskrywers – en ménse onder hulle – in wat toenemend lyk na die laaste betekenisvolle halfeeu van Afrikaanse sportskrywers.

 Johan Esterhuizen is Dinsdag, 6 Augustus op Ballito dood ná ‘n kort siekbed, soos syverwant Emile Smith in K’rant geskryf het. Hy het die vorige dag 76 geword. Eers washy tennisskrywer by Hoofstad en Die Transvaler, en het daarna veral as krieketskrywer by The Citizen en Rapport naam gemaak. Hy was sportredakteur van The Citizen, en het ook uitvoerig oor boks en rugby geskryf.

1.8.12

Die oudag-gedagtes hink tussen Fontana en Soweto

FRANS ROODT, gewese redaksielid van Die Transvaler en van Die Vaderland skryf: Ek wil eerstens jul manne bedank vir jul produk - die K’rant. Ek was heimlik nogal opgewonde daaroor nadat ek die eerste een in my hand gehou het.

'n Mens wonder dikwels wat het van die manne en vroue geword wat jou lewenspad gekruis het en die koerantwese staan seker by baie van ons uit as
’n mens só terugdink.