Charl Thom, voormalige assistent-tot-die-readakteur van Die Vaderland is op 14 Maart 2023 oorlede. In 'n stadium was hy ook taalversorger van K'rant.
Onderstaande het op 23 Maart in Weslander verskyn. Nog oor Charl is HIER.
Charl Thom, voormalige assistent-tot-die-readakteur van Die Vaderland is op 14 Maart 2023 oorlede. In 'n stadium was hy ook taalversorger van K'rant.
Onderstaande het op 23 Maart in Weslander verskyn. Nog oor Charl is HIER.
CHARL THOM skryf: Jasper se storie oor sy gesprek met Marius Jooste oor eersgenoemde se planne om by Rooi Rose te gaan werk, het my lang stilte wat K'rant betref so effens verbreek.
CHARL THOM skryf: Die onlangse afsterwe van Theo Gerdener, gewese Administrateur van Natal, Kabinetsminister tydens die Vorster-era en latere stigter en leier van die Demokratiese Party, het my laat terugdink aan hoe ek gevrees het hy gaan sorg dat ek ontslaan sou word.
CHARL THOM skryf: As die ander ouens so spog met hulle scoops laat dit my nogal minderwaardig voel. Myne was maar bitter min gesaai en party mense sou dit dalk nie eers as sulks erken het nie.
CHARL THOM skryf: Verwysings hier en daar in K'rant-stories na die ou Landstem vervul my met nostalgiese herinneringe. Trouens, dis die einste ou Landstem wat daarvoor gesorg het dat ek as groentjie in die joernalistiek nie honger gely het nie,
JAPIE BOSCH skryf: Wie sou ooit kon raai dat ‘n jongman wat werkloos in Durban rondgedwaal en in parke geslaap het latere jare elke dag met ‘n das en pak klere by die werk sou opdaag en die ampsbenaming “adjunk-hoofredakteur” van Die Vaderland dra?
CHARL THOM skryf: Een van my eerste (en naarste) onthoubare ervarings as joernalis was in my heel eerste pos by die SAUK se nuuskantoor in Durban. Ek is sommer dadelik in die diep kant ingegooi op die misdaad-‘beat’. (As daar dalk ‘n goeie Afrikaanse woord is vir ‘beat’ het ek nog nie daarvan gehoor nie.)
CHARL THOM skryf: Andries Botha se storie oor sy gesels met Dot Kruger het my eie gedagtes laat teruggaan na van my eie ervarings met die formidabele MVJ. Hy was inderdaad 'larger than life' soos die gesegde lui.
CHARL THOM skryf: So oor die jare het ek die voorreg gehad om met heelparty koerantmense saam te werk wat oor ‘n vinnige en baie skerp humorsin beskik het.
CHARL THOM laat weet van Stompneusbaai aan die Weskus af: Ek het toe uiteindelik vir oudfotograaf Hermie Rossouw op St Helenabaai raakgeloop en hom alles van K’rant vertel. Hy stem saam dis ‘n wonderlike idee. Die enigste probleem is dat hy nie internet-toegang het nie. Sy seun kom glo later vanjaar kuier en hy hoop om dan “in te haal op die moderne tegnologie”! Hy stuur in elk geval groete aan al die bekendes tot latere kennisgewing.
CHARL THOM skryf: Stories oor Perskor se sogenaamde ‘hoenderbonusse’ het my laat terugdink aan die jaar (die winssyfers het seker goed gelyk!) toe baas Marius besluit het dat sy slawe darem ‘n kalkoen in plaas van ‘n hoender vir Kersfees verdien.
Charl Thom skryf: Lekker staaltjie uit die tagtigs was ‘n byeenkoms van die Johannebsurgse Persklub, destyds nog onder voorsitterskap van Hans Lombard. ‘n Maandelikse ete is gereёl gewoonlik met nuuswaardige spreker.
CHARL THOM, voormalige assistent-tot-die redakteur, Die Vaderland, skryf: EK was ‘n jong laaitie by Die Nataller in Durban toe Leroux Terblanche, toe al ’n veteraan, my onder sy vlerk geneem het om my die „ropesˮ te leer.