Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Lita Kotzé. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Lita Kotzé. Wys alle plasings

13.10.14

Omkrultoon-storie van Jasper

LITA KOTZE skryf: Allamaskas, wat ‘n heerlike stuk letterkunde kry ons nie vanoggend van Jasper Schellingerhout in K’rant nie!

Nie alleen spreek die inhoud van belewenis aan eie bas nie, maar daai taalgebruik! My tone het behoorlik omgekrul van lekkerte oor die kuns van skryf wat Jasper besig. Gits, mens lees nie vandag maklik meer sulke kleurige, afgeronde, weldeurdagte berigte nie.

Ek skryf dit toe aan die era van “information overload” waarin ons lewe. Die beskikbaarheid van nuusbrokkies is eenvoudig dawerend te veel vir die ruimte wat beskikbaar gestel word deur die advertensieverkope in ‘n publikasie.

1.7.14

Lita leer van dissipline by Transvaler

LITA KOTZÉ vertel hoe haar pad in die joernalistiek gekronkel het: Met ‘n onvoltooide onderwysgraad het ek in 1981 in die joernalistiek beland. Ek het ná universiteit by my ouers op Randfontein gewoon en werk gesoek.

Op ‘n dag loop ek in die hoofstraat, sien die bordjie van die Randfontein Herald, steek my kop by die deur in en vra vir die ontvangsdame of hulle nie werk het nie.

11.6.14

Jasper beskryf joernalis-wees meesterlik!

Nog 'n reaksie op Jasper Schellingerhout se storie oor Die chemie van joernalistiek.

LITA KOTZE skryf: Ek wil graag hoor oor of Jasper Schellingerhout se bydrae in K’rant oor die chemie van joernalistiek spesiaal en vars vir K’rant geskryf is, of het K'rant dit opgediep uit ou argiewe? (Jasper het dit eksklusief en kraakvars vir K´rant geskryf - Red.)

Ek moet weet want ek is besig om dit die wêreld vol te stuur (danksy Japie Bosch, die joernaalmeester, se koevertjie onder links) aan vriende, familie en kollegas.

7.11.13

Stuur 'n storie aan 'n vriend met dié koevertjie


LITA KOTZÉ skryf vroeër dié week: Dankie vir K’rant wat elke oggend om 5:03 op my rekenaar afgelewer word -- ‘n paar oomblikke se lekker loop op vergange se paaie.

Nou wil ek net weet: ek het nou al my drie geleenthede ‘n sekere K’rant vir vriende aangestuur om die spesiefieke bydrae van die dag te lees. Het sopas die “Ouma Pulane”-storie weer aangestuur. Maar nou wonder ek as non-digitale-verstaner skielik: sal hulle op die kop kan kliek en sal dit oopmaak? Of moet hulle eers op K’rant ingeteken wees?
My oë is nog bietjie mistig van die storie, so sukkel steeds om die letters op die sleutelbord mooi raak te sien.


(Teen die agtergrond van Lita se vrae sal daar voortaan links onder elke storie in K'rant 'n klein koevertjie met 'n pyltjie daarop verskyn. Klik daarop, voltooi die vorm en stuur sodoende 'n epos met die skakel van die betrokke storie aan iemand. -- Red.)

22.10.13

Waar is Transvaler en Metro se mense?

LITA KOTZÉ, gewese redaksielid van Transvaler en Noord-Transvaler Metro, skryf: Ek het ‘n paar weke gelede K’rant ontdek toe ek op Google rondgespeel het op soek na iets. Ek het summier ingeskryf. Nou is dit te lekker om elke oggend vroeg my koerant tuis “afgelewer” te kry. Dis net, julle praat van kollegas van só lank terug, dat dit vir my ‘n openbaring is oor watter bekende name in die openbare lewe vroeër in die joernalistiek was. Dit is nietemin ‘n heerlike nostalgiese reis om daagliks te lees wat die “oumanne” gedoen het – hoe hulle die joernalistiek bedryf het. Stout, soms!