JAPIE BOSCH skryf 42 jaar gelede in Perskorhaan: Wys vir oom Jacob, Die Vaderland se kunstenaar, 'n olifant en hy is in die sewende hemel. Dis sy heerlikste tydverdryf om oor naweke in sy ateljee by die huis te sit om diere van foto's af te teken. Feitlik elke jaar in Mei pak George Jacoby op en vertrek na die Krugerwildtuin. Daar sal hy vir ure die diere se bewegings dophou en foto's van alle hoeke af neem.
![]() |
| April 1973 |

