Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.5.12

Van Oggend by die Teetafel tot Saans by die Sans

PAUL KRUGER herroep herinneringe uit die laat sestigerjare aan Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark, Johannesburg, vierde verdieping.

Om aan die redaksie van ‘n groot koerant soos Die Vaderland verbonde te wees, was nie net ‘n groot voorreg nie, maar ‘n belewenis wat moeilik omskryf kan word. Een aspek wat my bybly, is dat die mense
daar in die nuuskantoor daagliks onderwerp was aan die een enkele kwessie wat die sirkulasiesyfers opwaarts gedruk het – tragedie – dood, moord, ongeluk! Alle ander nuus was slegs terloops en het/moes agtertoe staan vir hierdie wrede indringer.

Hierdie mense, dis nou almal van verslaggewers, fotograwe, redakteurs, subs, moes hierdie fenomeen elke dag verwerk. Toentertyd het die woord in hierdie spesifieke beskrywende verband nog nie bestaan nie, maar vandag se dae praat almal van trauma.

Koerantmense se werk by Unisa bewaar

Koerantmense wonder seker dikwels of hul werk darem vir die nageslag behoue sal bly en of hulle van ou berigte/artikels kan opspoor. Die antwoord vir die mense van Perskor se vier gestorwe dagblaaie is:

 JA!

28.5.12

Opperste heer met ’n vlymskerp humorsin

GERT COETZEE, gewese assistant-nuusredakteur van Transvaler, skryf oor sy pa,  JANNIE COETZEE, Wes-Transvaalse Verteenwoordiger en later hoofverslaggewer van Die Vaderland en Transvaler.

My pa het pas in sy veertigs in Klerksdorp aangekom, maar omdat hy voortydig spierwit grys was, was hy toe al

Genadiglik soms andersom

Thys Human skryf: DIE dag toe ek sien ek het darem 'n BA-graad op die Puk gekry, bel ek Die Transvaler toe en vra of ek aansoek kan doen vir 'n „job".

Ene Fritz Potgieter sê ek moet maar dadelik inkom. Ek klim vinnig op Potch op ’n trein en nog dieselfde middag stap ek by sy kantoor in. Hy was toe nuusredakteur (en bekend dat hy die lug blou kon vloek as hy die duiwel in

Lallie hoogs de moer in

Lala Wahl skryf: Ai, my hart is nou regtig so seer om te lees dat liewe Harry ook uit die woud gekap is.

Harry en ek het saam by Het Suidwestern in George gewerk en baie pret gehad. Danie het in daardie tyd sy kommersiële vlieglisensie by Jim Davis by die George-lughawe beoefen.

27.5.12

Peet ontpop as beskermengel

PEET SIMONIS skryf:  SULKE kop-omruilery soos wat Japie Bosch vroeër van vertel het, gebeur nogal meer as wat ’n mens dink – met onderskrifte ook. Veral met die oormakery van bladsye tussen uitgawes wat op dieselfde dag verskyn.

Oor setters en ketters

DIE drukkersduiwel? Daar’s g’n net een nie, daar’s ’n hele settery vol, of was minstens daardie jare in Doornfontein.

Daar was die handsetters Belg Pannas (ek dink sy van was Vicene), Steyntjie, Frans, Tommy, Mike, Brian, Alfie, Barros en sy maters uit Mosambiek. Hulle het in die naloodse era „strippers” geword.

26.5.12

Bedrywige lewe hou Lizette uit die kwaad

K’rant het LIZETTE MOSKOVITZ gevra om ons lesers te vertel hoe dit deesdae met haar gaan. Sy het in 1979 as Lizette Bruwer by Die Transvaler in Doornfontein as 'n verslaggewer begin werk.

Bedrywige lewe hou Lizette uit die kwaad. Sy skryf uit Houtbaai: Ek het K’rant op die web besoek en die stories baie geniet...

Fotogenie

DIS nie net verslaggewers soos Frikkie van der Walt wat ’n sak vol truuks had om ’n storie te kry nie. Daar was ook diesulkes onder die fotograwe.

By geleentheid het ’n span van Die Transvaler twee oumense besoek wie se seun om die een of ander rede in die nuus was. Hermie Rossouw was die fotograaf.

Speur’sant V’Riebeeck slaan toe

OP ’n dag maak Gert Swiegers (links), misdaadverslaggewer van Die Transvaler in die laat jare sewentig kontak met die een of ander leier van die Johannesburgse onderwêreld en hulle spreek af om mekaar laterig een aand in Vegkop te ontmoet.

Omdat Gert ’n versigtige man was, vra hy vir Frans Scheepers en Piet Ebersöhn om saam te kuier – soort van as kwasi-lyfwagte, vir wat dit werd is.


Gert en die man van die onderwêreld het goed gekliek en hoe later hoe gemoedeliker het dit daaraan toegegaan. So goed en gemoedelik dat die kêrel in die vroeë oggendure besluit die koerantmanne moet saam om ’n vriend van hom ‘n poets te gaan bak.

25.5.12

'n Koppie word 'n kop en 'n foto word 'n kaaskoek

JAPIE bOSCH vertel fotograaf-stories: Vaderland-fotograaf, Frank Rousseau, het tydens ‘n munisipale verkiesing in die vroeë 70’s vir ‘n lekkerlag-insident gesorg.
Op dié betrokke dag was ek en Frank by ‘n stembus in Linden waar Carel Venter, die leier van die NP in die stadsraad, kandidaat was.

Vroegoggend by die stembusse is daar gewoonlik nie juis veel opwinding nie. Frank het ‘n plan gemaak en Carel en ‘n paar van die mooiste meisies daar rond saam laat staan en koffie drink.

24.5.12

As Die Transvaler die slag "Portugees" praat

IN die jare sewentig, toe Mosambiek onafhanklik geword het, het die Portugese op groot skaal daar uit gevlug. Dit het Perskor die geleentheid gebied om ’n klompie setters teen lae lone in die hande te kry.

Ongelukkig, kon dié mense skaars Engels praat, en het van Afrikaans nie ’n snars verstaan nie. Dit het nogal vir ’n paar glimlagge (maar baie meer onrustigheid) gesorg.

August se sirkustruuk uit die Sans Souci beskou

PAUL KRUGER was eens munisipale verslaggewer van Die Vaderland en redakteur van HANEKRAAI, personeelkoerant van die Afrikaanse Pers Beperk (APB). Hy vertel hier hoe August du Preez se sirkusstorie destyds in Hanekraai weergegee is.

Hierdie storie kom daar uit die vroeë sewentigerjare toe Die Vaderland, as die grootste middagkoerant in die land, hoog op die gewildheidskruin gery

Wie herken hulle?

SAREL STEYN het hierdie foto van Voortrekkerpers/Transvaler se rugbyspan van 1953 opgediep. Wie kan ons help om die onbekendes uit te ken?

Agter staan Piet Meiring (advertensiebestuurder en spanbestuurder), drie onbekende spelers, Gert Kotzé (slot), Dana Niehaus (slot), At de beer, Hennie du Toit (hoofbestuurder van Voortrekkerpers en beskermheer).

23.5.12

Koerantman word dominee

JASPER SCHELLINGERHOUT het nege jaar by Nasionale Pers, uiteindelik as hoofsubredakteur van Die Oosterlig, gewerk voordat hy as onderhoofsub na Die Vaderland (1974) in Johannesburg is. Hy was later hoofsub en redakteur van DV se streekbylaes (Oos- en Wes-Rand).

22.5.12

’n Waaghals verander van hare …

Onthou ANDRÉ DE KOCK? Wel, ek leef nog. Tans 58 jaar oud, werk steeds as The Citizen se motorsportredakteur.

21.5.12

André se reünie-foto's

Oud-Perskor-kollegas het die afgelope naweek reünie gehou. ANDRÉ VAN DER MERWE het daar foto's geneem. Klik HIER om daarheen te gaan.

ANDRÉ VAN DER MERWE het in 1975 saam met Blignaut (Bliksem) de Villiers – hy was ‘n ou Landstem-man -- die Perskorburo in Port Elizabeth begin. Hul base was destyds Hermie Hendriks en André Verster.

Reünie-foto's, 2012

Op Sondag, 20 Mei 2012, het oud-Perskor-kollegas reünie by Seemans Buffet in Wilgeheuwel,Roodepoort gehou. Onderstaande is 'n fotobeeld van die dag.

Die lotgevalle van bladsy 9

PIET EBERSÖHN skryf:DAAR was ‘n tydstip in die laat jare sewentig in Doornfontein dat Die Vaderland (‘n middagblad) bitter vroeg al begin sak het. Só vroeg dat hulle eerste skof al ingeval het nog voor Die Transvaler (‘n oggendkoerant) se laatskof hul nagkantoor ontruim het.

Een nag, hier skuins na middernag, kom die berig dat DV se vroeë skof in ‘n opgeruimde bui is en die DT se mense welkom is om aan te sluit as

Amper afgedank oor slaptjips

ANDRÉ BUYS, toe nog proefleser in Perskor-diens, vertel: DIT was ’n Saterdagmiddag in 1969 en oom Cas Pretorius, hoofproefleser, het gesê ek kan gou met ete gaan. Ek het besluit om winkel toe te gaan en soontoe te stap. Ek het slap ‚tjips’ gekoop en was op pad terug toe ek skielik in oorlede Marius Jooste, die besturende direkteur, vasloop.

20.5.12

’n Aandjie met oesters en Mej. Wêreld

JOE VAN BUUREN het in 1973 as hofverslaggewer by Die Transvaler aangesluit. Later was hy algemene verslaggewer tot hy in 1975 bedank het en ’n weeklblad op Empangeni in KwaZulu/Natal bestuur het. In 1976 is hy terug by Die Transvaler, onder meer as Verre Oos-Randse verteenwoordfiger en militêre korrespondent. In 1978 sluit hy hom by Thys Human in Perskor se Londense kantoor aan. In 1980 keer hy na

Moleste op Jakkalsputz

PHILIP DEETLEFS skryf: Dit was in 1987 toe besluit (oorlede) André de Bruyn, Etienne Kriel (toe al redakteur van Stywe Lyne), Tubby Kaaijk (toe polisieman in Windhoek) en ek dat ons by Etienne moet spog met hoe groot die kabeljoue, galjoene en steenbrasse is wat aan die skedelkus van Namibië byt.

Slaan twee tentjies op by Jakkalsputz, net suid van Hentiesbaai wat ons

Steen des aanstoots

PIET EBERSÖHN vra: Wie onthou nog die steenwerk van toentertyd?

Wat ’n ergernis kon dit nie afgee en hoe dun het die nerwe nie geskaaf geraak nie. Terloops, ek sien die Drukkerswoordeboek noem, wat ons destyds na die Engelse „stone” die „steen” genoem het, ’n inslaantafel.

19.5.12

Koerantglips: Sportmanne word skurke

JAPIE BOSCH vertel van een van die snaakse koerantglipse wat iewers in die middel sewentigerjare voorgekom het toe hy nuusredakteur en John Moody hoofsubredakteur van Die Vaderland was.

Gholfspeler Gary Player en diskusgooier John van Reenen was daardie jaar gesamentlik as Sportman van die Jaar aangewys. Player het weer Suid-Afrika se naam op die gholfbaan hoog gehou en Van Reenen het die wêreldrekord in diskusgooi na 68,48m verbeter.

"By-lines" aan skerwe!

AUGUST DU PREEZ skryf: Toe K'rant se redaksie my versoek om meer te vertel oor die klouterdief wat Johannesburg in die 70’s op hol gehad het, het ek onwillekeurig teruggedink aan my soeke na „by-lines” as jong en onervare verslaggewer by Die Vaderland.
Pas 19 en eintlik nog ’n „cub reporter” wat as misdaadverslaggewer by Frikkie van der Walt oorgeneem het, moes ’n mens êrens jou merk probeer maak (en die „by-lineˮ was baie belangrik!) Twee sulke doelgerigte pogings

Beroepstoei was destyds ‘n ernstige saak

SAREL STEYN, sportmedewerker van Die Transvaler in die jare vyftig, vertel van die dae toe beroepstoei ’n groot aanhang onder Afrikaners gehad het.

Beroepstoei was toentertyd anders as vandag se rofstoei en daar was ware Suid- Afrikaanse kampioene wat ’n groot aanhang gehad het.

Op sy pos

Piet Ebersöhn skryf: Dis tog wonderlik hoe ’n staaltjie of selfs net ’n element daarvan ’n mens na ’n ander herinnering kan terugvoer.

André Buys se verwysing na die man wat nie op sy pos by die hek was nie, laat my toe dink aan die dag toe ’n redakteur (kan nie meer onthou watter een nie) vir Neil Steyn, gewese sportredakteur van Hoofstad en later Transvaler, en uiteindelik assistant-redakteur van laasgenoemde gevra het of hy darem nie meer ure op kantoor wil deurbring nie?

Neil: “Ek is ’n joernalis, nie ’n sekuriteitswag nie.”

Einde van die storie …

18.5.12

Twee "scoops" wat eintlik misgeloop is

ROBBERT VAN DER KOOY, eertydse finansiële redakteur van Die Transvaler, vertel van die koerant se Voortrekkerpers-dae. Hy was van 1968 tot 1974 by DT – in die dae toe dr. G. D. Scholtz en Jan van Rooyen mede-hoofredakteurs was. Ná 1974 het hy allerlei draaie gegooi en was weer joernalis van 1995 tot 2002 by Finansies & Tegniek. Nou is hy direkteur van 'n private skool en van 'n private onderwysers-opleidingsinstansie, maar skryf nog baie. Vir 'n klompie jare was hy ook

Proefleser afgedank oor gepaaide berig

ANDRÉ BUYS skryf::  Ek het van 1969 tot 1977 in die proefleeskantoor in Aucklandpark en Doornfontein gewerk. Ek is ’n voormalige redakteur van Die Noord-Transvaler en is tans motor- en sakeredakteur by die Noordelike Review in Polokwane.Ek is ook die broer van Willie Buys, mederedakteur van K’rant en wyle Tom Buys, in lewe nuusredakteur van ook oorlede Die Vaderland.

Glips: ’n Proefleser stamp hom nie twee keer nie

PIET EBERSÖHN skryf:  In die later jare sewentig het Die Transvaler op ’n keer ‘n bylae oor Klerksdorp die lig laat sien. Dit het onder meer ’n berig bevat waarin verwys is na ’n aantal pioniersfamilies – en hulle is by die naam genoem – wat in die beginjare noord van die dorp geboer het.

Net, toe die nasate van dié families die oggend DT so saam met hul borde mieliepap oopslaan, staan daar dat hulle voorouers noord van die dorp

As ’n grap g’n grap is nie

Angel Engelbrecht
Daardie doyen van Afrikaner-humoriste, Fanus Rautenbach, het lank ’n daaglikse geestige rubriek vir Die Transvaler se hoofartikelblad geskryf. Of so iets.

Op ’n dag vertel hy ’n storie van ’n ontkleedanseres wat kragtens "seksie" dié en daardie van ’n bepaalde wet aangekla is. Oom Engel (glo eintlik "Angel”) Engelbrecht, DT se taalredakteur, het alle HAB-kopie nagegaan voor dit subs toe is en trek toe ’n streep deur die "seksie". Vervang dit met "artikel".

"Maar, oom Engel, dan is daar nie meer ’n grap nie," redeneer Frans Scheepers van die subtafel af.

"Dan wás daar nooit ’n grap nie," kom die antwoord ferm, en oom Engel stap by die nagkantoor uit.

17.5.12

Andries Botha se Politieke Poeding (3)

Hendrik Schoeman
ANDRIES BOTHA  vertel staaltjies uit sy dae as politieke skrywer.

Hendrik Schoeman het in sy dae as Minister van Landbou die storie vertel van sy voorganger as landbouminister, Dirk Uys, wat in Natal voor ’n groep boere gaan praat het.

Onderwyl Uys gepraat het, het ’n man opgespring: „Ek wil ’n mosie van wantroue instel.”

16.5.12

Petrol was toeka al meer as ‘n lewe werd

PHILIP DEETLEFS het dit oor snelperke en boetes.  Hy skryf: My vermurfde geheue wil dit hê dat dit rondom 1979 was toe sanksies die Suid-Afrikaanse regering op die blink plan laat kom het om die volk te dwing om brandstof te bespaar. Hulle het ’n snelperk van 80 km/h op nasionale paaie geplaas en as jy gevang word dat jy vinnger as dit gery het, is jy aangekla dat jy misbruik gemaak het van landsvoorrade. Erg!

Waar’s daai foto’s?

GERHARD BURGER skryf: Moerland! Dit is voortreflik. Uitpuntend, soos Gert Kotze sou sê. Nou kan ek hom lekker lees, met spasies tussen die woorde.

Ek sal Japie gaan gelukwens en, as ek dié tyd van die maand iets oorhet, vir hom iets koop.

Bravo, Maestro!

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek onthou in Die Transvaler se sub-kantoor een nag was daar ’n storie oor die film Zulu Dawn wat destyds in Natal geskiet is. Daar was as ekstras omtrent ’n halfmiljoen Zoeloes en amper net soveel beeste aangestel om in die fliek te speel.

15.5.12

Toe tikmasjiene deur die vensters gevlieg het!

‘n Jonger geslag joernaliste het dikwels gewonder oor die gate in die lessenaars wat ons in Aucklandpark aangetref het. Dan is ons vertel dat die tikmasjiene op ‘n tydstip deur die vensters gegooi is en die nuwes as voorsorgmaatreël aan die lessenaars vasgeketting is. SAREL STEYNwat jare lank aan die Voortrekkerpers verbonde was, werp meer lig op die voorval.

Kleurryke karakter met eenvoudige smaak

PIET EBERSÖHN skryf: Terwyl ek onlangs op die wêreldwye web rondkrap op soek na leidrade om oud-kollegas op te spoor, kom ek met ’n skok af op ’n meer as twee jaar oue doodsberig van Herman Gouws: „George Herald groet ’n kleurvolle kollega” was die opskrif van die berig wat onder meer soos volg gelui het:

„Ná meer as ’n kwarteeu se bladuitleg en redigering by George Herald het

12.5.12

Coalbrook-ramp "scoop" vir Die Transvaler

TOM CAIRNCROSS was in 1960 by Die Transvaler. Hy was die eerste met die nuus oor die mynramp by Coalbrook. Die verlies van 435 mynwerkers is steeds die vyfde grootste mynramp ter wêreld.  Hy deel sy herinneringe aan daardie tragiese gebeure met ons. Tom is deesdae mede-redakteur van 'n tydskrif oor boogskut in Pretoria.

Op 22-jarige ouderdom, 52 jaar gelede, was ek deel van Die Transvaler

11.5.12

Vertel ons van glipse

Thijs Nel, oud-Vaderland-kunsredakteur, stel voor: "Nouja, miskien kan ons van ons eie glipse in K’rant getuig?ˮ Hy het dié glipse hierby aangestuur. Laat gerus van julle hoor.

Andries Botha se politieke poeding (2)

ANDRIES BOTHA vertel staaltjies uit sy dae as politieke skrywer.

Min koerantmanne het so ’n aktiewe rol in die politiek as die destydse redakteur van die Sunday Times, mnr. Joel Mervis, gespeel.

Een Sondag het hy sy hoofberig gewy aan ’n oproep op die Leier van die Opposisie, sir De Villiers Graaff (foto links onder: Div Looks Back), om te bedank weens die agteruitgang van die party in sy tyd. Die opskrif was: "Thirteen Reasons why Graaff Must Go”. 

Dat dit nou Tom was!



JAPIE BOSCH skryf: Tom Cairncross se storie oor Coalbrooke het my verstom. (Klik HIER). Dat hy die man agter die "scoop" was!

Ek onthou Tom as 'n kalm, vriendelike sub in Die Vaderland se kantoor in die sewentigerjare.

Daardie koerant met Tom se storie onthou ek (nou nie presies nie). Ek was 13 en in st. 7. Die koerant het op 22 Januarie 1960 verskyn.

Daardie middag het my pa met Die Transvaler en Die Vaderland huis toe gekom. Ons het dit verslind en ons ore was vas aan die radio. Dit was groot drama.
 
Daai storie was nie 'n hierjy-een nie. Dit was 'n wêreld-"scoop" -- vir 'n laatie van 22 jaar, nogal. Min koerantmanne kan daarmee spog. Welgedaan, Tom.

10.5.12

K’rant kry mede-redakteur: Willie Buys


WILLIE BUYS skryf: Dankie aan Piet Ebersöhn en die Perskor-Reüniekomitee vir die uitnodiging om bydraes te lewer vir ons eie kletskoerantjie – en sommer as mede-redakteur op te tree. So hou ons die gees onder ons lewendig en aan die gang – hoewel daar talle oudwerknemers is wat ek glo nie met ’n lied in die hart van Perskor afskeid geneem het nie.

Ivanoff-pêrels vir die "swyne"

JAPIE BOSCH vertel: Met die aftrede van Die Vaderland se spotprenttekenaar, Victor Ivanoff, in die vroeë sewentigs was ek jonk, dom en onkundig. Eintlik was die hele redaksie dom. Laat ek liewer sê die algemene redaksie.

My lessenaar was by die deur van die ingang van die algemene kantoor.

Net dáár koop Piet die CD

Piet Roos (Die Vaderland 1973 tot 1979. Begin in Aucklandpark met Tom Buys as nuusredakteur en later skuif ek Kemptonpark toe. Nic Oosthuizen was die Verre-Oos-Randse man) skryf:

Hoor ek die mooiste kitaar musiek in Brooklyn en daar sit twee jongens kitaar speel. Hulle is so vol lewensvreugde en geniet dit. Ek koop net daar hul CD. 

9.5.12

Andries Botha se politieke poeding (1)

ANDRIES BOTHA het in 1958 by Die Transvaler ingeval, maar is ná twee jaar eers na die Potchefstroomse Universiteit, waar hy in 1962 die graad B.A. met Engels en Geskiedenis as hoofvakke verwerf het.

Hy is in 1963 terug na Die Transvaler en het tot 1979 daar gewerk opeenvolgend as hofverslaggewer, Durbanse verteenwoordiger, politieke korrespondent, nuusredakteur en assistent-redakteur onder dr. Willem de Klerk.

8.5.12

Wat van ’n Ode van Herinnering?

HOFFIE HOFFELDT, oud-joernalis van Hoofstad, doen ‘n voorstel: EK het onlangs in Heidelberg, Gauteng, vir die eerste keer ’n vergadering van die oud-soldatebeweging, die MOTHS (Memorable Order of the Tin Hats), bygewoon.

Die vergadering begin in stik duisternis met net ‘n kers wat brand ter herinnering aan Suid-Afrikaanse soldate wat in alle oorloë sedert die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Dis sluit die soldate in wat in die grensoorlog in Suidwes en Angola gesterf het.

7.5.12

Chris se oorplanting: die storie agter die storie

PEET SIMONIS skryf:  Eintlik moes Chris Vermaak of Mike Meiring na die Kaap afgesit het om Chris Barnard se storie te „dek”, want hulle was al lank in die land en ek nog maar ‘n groentjie by Dagbreek en Sondagnuus. Maar wat my laat kwalifiseer het, was ’n insident by die Hartstigting van Johannesburg wat die groot nuus van Chris se dinge voorafgegaan het.

Thys Human vertel van die perdeskrywer

THYS HUMAN het in Jannie Kruger se redakteursdae as verslaggewer by Die Transvaler begin werk.  In 1959 is Thys na Die Vaderland om hom net die volgende jaar in die skakelwese te begewe.

In 1966 was hy terug by Die Vaderland en het drie jaar later Dagbreek en Sondagnuus se parlementêre beriggewer en toe politieke korrespondent geword.

Ons het ’n stap-probleem

PHILIP DEETLEFS was sedert Januarie 1973 aan Die Transvaler verbonde. Hy is die volgende jaar na die Londense kantoor verplaas, waar hy eers saam met Hennie Kotzé en toe Thys Human gewerk het.

In 1978 is hy terug Johannesburg toe. Op 1 September 1980 het hy by Die Republikein in Windhoek aangesluit. Ná ’n draai by Nampo en Vleisboer op Bothaville is hy terug Windhoek toe waar hy nou „vasgesweis” is.