Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.6.12

Marietjie gee geboorte aan boeke

MARIETJIE VAN ROOYEN, gewese redaksielid van Die Vaderland en deesdae skryfster, het uit Kaapstad van haar laat hoor.

„Liewe land, in ons Perskor-dae was ons almal jonk en mooi – en het alles nog moontlik gelyk.

„Wat kan ek jou tog van my totaal onmerkwaardige lewe vertel?

„Ek woon in Groenpunt so te sê in die skadu van die Kaapstad-stadion, ’n klipgooi van die see af.

„Vryskutwerk hou my besig. Met ander woorde ek is bevoorreg genoeg om my met woorde, punktuasie en boeke in elke stadium van ontvangs en geboorte besig te kan hou. Hoewel ek dus steeds skryf, doen ek ook redigeer-, vertaal- en proefleeswerk wat my op aangename wyse in aanraking met die werk van ander mense bring.

„My jongste boek is Huis teen die skuinste wat in 2010 by Tafelberg verskyn het.ˮ