Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.6.12

Toe fakse nog jonk was

PIET EBERSÖHN skryf: In die dae toe faksmasjiene nog ‘n betreklike nuutjie was, het Transvaler, destyds ’n Pretoriase koerant, gereeld die produktepryse van die plaaslike mark geplaas. Die pryse is per faks aan die redaksie gestuur.

Eendag, het die markmeester later vertel, het die mark se faksmasjien gerapporteer dat daar fout met die versending van die faks was. Die markmense stuur dit toe weer. Waarop die bode wat die faksmasjien beman het, laat weet: “Ons het hierdie een al. Ek stuur hom terug.”