Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Japie Bosch. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Japie Bosch. Wys alle plasings

25.3.23

Wat ‘n affêre was dit nie!

JAPIE BOSCH skryf:  IN 1970 – ná ‘n jaar se skoolhou – het André Verster my as ‘n verslaggewer  by Die Vaderland aangestel.   Ons almal was verslaggewers.  Deesdae is almal joernaliste.

Frans du Toit was die nuusredakteur vir wie ek baie respek gehad het.  AM van Schoor was hoofredakteur.  Ons het hom selde gesien.

Paul Kruger het my munisipale verslaggewing geleer.  Die jare daarna was ‘n universiteit vir my. Daardie agtergrond was van groot waarde in my latere loopbaan.

25.2.20

K’rant se millennium-uitgawe net om die draai!

JAPIE BOSCH skryf: Byna agt jaar gelede (op 7 Mei 2012) was ‘n storie van Philip Deetlefs die eerste een wat in K’rant verskyn het. Vandag vat-vat ons aan 1 000 stories. Hierdie is storie nommer 998.

Die onstaan van K'rant het binne enkele dae soos 'n veldbrand versprei. Oudkollegas het gretig deelgeneem. Op vier na het ons in die eerste drie jaar nie minder nie as 800 stories ontvang. In die vyf jaar daarna het nog amper 200 ons bereik.

11.6.18

Nimmereindigende liefde

JAPIE BOSCH skryf: In die vroeë 1970’s was SP Barnard een van die kleurryke Nasionale Party-stadsraadslede in Johannesburg. Sjarmant, ondeund en uitdagend in sy toesprake en ‘n suksesvolle sakeman.

Dié week het van sy manewales my bygeval toe ek op Google op ‘n liedjie afkom wat my aan hom herinner het.

5.9.16

Terreur dwing Perskor tot koerierdiens

JAPIE BOSCH skryf: Maureen (Heyl) Swart se storie oor Hoe het ons dit oorleef? het my teruggevoer na ‘n storie van Karin Pretorius in K’rant ‘n tyd gelede. Daarin vertel sy van die “beslommernis om films vanuit Rhodesië te versend”. Sy het verduidelik dat dit “die prosedure was om iemand by die Salisbury-lughawe op ‘n vlug na Johannesburg te gaan teiken wat bereid was om jou rolletjies film saam te neem en te oorhandig aan iemand van die koerant wat homself by die Lughawe Jan Smuts sou identifiseer”. LEES HIER.

Dié metode was nie net ‘n beslommernis nie, dit was ‘n onding wat dikwels groot verleentheid by Die Vaderland (en miskien ander Perskor-koerante) se verteenwoordigers in buitekantore veroorsaak het.

12.3.15

Wys vir oom Jacob net ‘n olifant …

JAPIE BOSCH skryf 42 jaar gelede in Perskorhaan: Wys vir oom Jacob, Die Vaderland se kunstenaar, 'n olifant en hy is in die sewende hemel. Dis sy heerlikste tydverdryf om oor naweke in sy ateljee by die huis te sit om diere van foto's af te teken.

Feitlik elke jaar in Mei pak George Jacoby op en vertrek na die Krugerwildtuin. Daar sal hy vir ure die diere se bewegings dophou en foto's van alle hoeke af neem.

April 1973
Oom Jacob sê hy het veral 'n voorliefde vir olifante, omdat hulle interessante bewegings het. As hy in die wildtuin is, is hy altyd eerste op die uitkyk vir olifante.

11.11.14

Só is Terrie, die terroris, gebore

 JAPIE BOSCH skryf: In 1956 was ek in die koerant. In Die Vaderland. Dit was ‘n groot ding as jy in die koerant was. Jou ma koop 'n klomp koerante en maak knipsels en die kinders by die skool vertel jou hulle het dit gesien. Jy kry status. Twintig jaar later het dié einste foto ‘n onverwagse nadraai gehad toe ‘n terroris gebore is.

By ons laerskool in Johannesburg was daar ‘n “kunsuitstalling” van die kinders se handewerk deur die jaar. Die klok het pas vir kleinpouse gelui toe ek en vriend Abel Coetzee (albei in st 3 en 10 jaar oud) op pad speelgrond toe is. ‘n Hand het my aan skouer gevat en ‘n stem het gevra: “Waar is jou “kunswerk? ’” Dit was Charles Pienaar, ‘n vriend van my ouers en ‘n fotograaf by Die Vaderland. Dit was bloot toeval dat hy my raakgeloop het.

24.6.14

APB-man is een van wêreld se beste filmgrimeerders

JAPIE BOSCH skryf (byna 44 jaar gelede): Die APB het nou maar eenmaal baie talent in sy midde. Op die derde verdieping in Aucklandpark werk mnr John Dercksen, 'n proefleser, wat nie net as die beste grimeerdeskundige in Suid-Afrika geag word nie, maar as een van die bestes ter wêreld.

Uit: November 1970
En dis nie sommer net praatjies nie. Kort gelede het mnr Dercksen 'n tydskrif, Der Filmwelt, uit Duitsland ontvang waarin hierdie stelling gemaak word. Behalwe hierdie puik getuigskrif, het hy ook net ná die voltooiing van Die Kandidaat, 'n spesiale toekenning van die SA Vereniging van Rolprentverspreiders ontvang wat hom aanprys as die beste grimeerder in Suider-Afrika.

17.1.14

Perskor was g'n in Aucklandpark

JAPIE BOSCH skryf: Werknemers van die ou APB en Perskor het hul werkplek se adres as Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark geken. Amptelik was dit ‘n verkeerde adres.

Daar is rede om te glo dat min mense dit weet, maar die ou Perskor-gebou was ‘n voorstad met die naam Braamfontein-werf. Aucklandpark was sowat twee kilometer van daar af. Interessant genoeg word die naam op Google Maps en ander webwerwe net in Afrikaans aangedui – geen Braamfontein Yard nie.  Moenie 'n fout maak nie, Braamfontein-werf is nie 'n nuwe naam nie.  Dit bestaan al donkiejare.

10.1.14

Afvalgeleentheid skep verleentheid

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Misverstand tussen Marius Jooste en Martie Snyman, oud-redaktrise van Rooi Rose in die jare sewentig, oor skaapafval het amper tot konsternasie gelei.

Jooste het op ‘n dag Martie na sy kantoor laat kom en haar gevra om hom te help met die reëlings vir ‘n ete waartydens hy afval wou voorsit. Hy sê toe vir haar: “Vra sommer vir ‘daai Bosch’ om vir my 13 stelle afval te kry”.

6.1.14

Fotodag 15: Skurk Japie loop sy rieme styf

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Student, in my jong dae altans, was gereeld op soek na ‘n naweekwerk vir ‘n paar rand. As ‘n tweedejaar in 1965 het ek ‘n Saterdagwerk gekry om ‘n rol in een van die destydse gewilde fotoverhaal-boekies te speel. Ek moes ‘n skurk wees in ‘n boekie met die naam, Die Swart Adelaar: Operasie H-bom. Die prys waar dit op die straathoeke verkoop is, was 20c.

28.11.13

Van parkslaper tot politieke guru

JAPIE BOSCH skryf: Wie sou ooit kon raai dat ‘n jongman wat werkloos in Durban rondgedwaal en in parke geslaap het latere jare elke dag met ‘n das en pak klere by die werk sou opdaag en die ampsbenaming “adjunk-hoofredakteur” van Die Vaderland dra?

Dié man was niemand anders nie as Johann S Liebenberg. ‘n Kort storie oor sy avontuurlustige jong dae het in Perskorhaan van Mei 1972 verskyn.

11.11.13

Fotodag 11: Foto's uit 'n toegeplakte boks

JAPIE BOSCH skryf: Met die onlangse opruiming van my garage het ek op meegaande foto's in 'n ou toegeplakte boks afgekom -- almal uit die 1970's. Watse heerlike kyk en gesprek met myself was dit nie.

Nou wonder ek:  as ek sulke kwaliteitfoto's tussen my 'rommel' gekry het, dan moet daar seerseker nog garages van ander oud-kollegas wees waar versteekte Perskor-"skatte" is. 

17.9.13

Eerste vrou Knipe die kat in die donker


JAPIE BOSCH skryf: “Nooit, nooit, nooit weer nie,” het dr AD Bensusan in Maart 1974 driftig gesê toe ek hom gevra het of hy weer burgemeester van Johannesburg sou wou wees ná sy pas afgelope termyn. Min het ek geweet watse skandaal en vernedering agter sy woorde was.

6.3.13

Japie bene in die lug

Willie Buys skryf: Geduld, ingeval. Dit is wat ons vra.

Ons versoek het te make met ons webjoernaal-"mechanic", Japie Bosch, wat die hospitaal gaan opsoek vir noodsaaklike instandhoudingswerk aan sy uittredende lyf. (Sorrie, Japie, maar ons weet dat jy weer soos ‘n jongeling gaan huppel as jy daar uitkom!)

27.2.13

Roepradio’s, kafees, landlyne en motorfietse – was daar maar selfone!

Voor die koms van die digitale tydperk het joernaliste feitlik in ‘n “primitiewe wêreld” gewerk wat betref kontak tussen hulle en die koerant se nuustafel as nuus en foto’s nog die voorblaaie wil haal.

Hier is 'n paar vertellings.

30.1.13

Kopspeldterreur by Die Vaderland

JAPIE BOSCH skryf: In die dae van tikmasjiene was kopspelde volop in Die Vaderland (en ander koerante) se redaksie. Berigte was op “seksies” getik en dié is dan vasgespeld voordat dit vir die nuusredakteur gegee is. (Skuifspelde is gebruik om byskrifte aan foto’s te heg.)

Kopspelde is ook gebruik om berigte uit koerante wat opgevolg moes word, te sny pleks van ‘n hele koerant of twee oopgevou op jou lessenaar te hê.

8.1.13

‘n Kersgeskenk ná hanekraai

JAPIE BOSCH skryf: Gee en jy sal ontvang, sê die Grootboek. Dis wat skuins voor Kersfees met my (en K’rant) gebeur het.

Die storie loop só: ek het ‘n versameling van 43 Hanekraaie en Perskorhane gehad. Eersgenoemde was die personeelblad van die APB en die ander van Perskor. Met die opruiming van ons huis ‘n paar jaar gelede voor ons verhuising van Johannesburg na Jeffreysbaai het ek ‘n nuwe baas vir hulle gesoek.

21.12.12

Die wel en wee van ‘n unieke internetproduk

K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. 

Ons heropen op 2 Januarie 2013. 

Seënwense

K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. Ons heropen op 2 Januarie 2013. Vergun ons dan sommer ook dié geleentheid om almal ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe te wens. Ons bede is dat almal ongedeerd en veilig volgende jaar se K’rant in oënskou sal kan neem.

Alvorens ons gaan uitspan, gee ons ’n oorsig van wat K’rant in die eerste agt maande van sy bestaan ervaar en bereik het. Vir dié wat wonder: hoog gewaardeerde kollega en medestigterslid Andries Botha, was met vakansie toe dié stuk gskryf is.

15.11.12

Tienie kry Japie in skoonma se Goeie Boeke

JAPIE BOSCH skryf: Tienie Fourie se storie anderdag het my herinner hoe hy ’n rol gespeel het om my aandele by my baie gelowige toekomstige skoonma laat styg.Ten tye (omtrent 1970) was Tienie redakteur van Saterdag-Vaderland en ek was skaars ’n jaar by die koerant. Hy het my vertel van ’n man wat Bybels versamel en gevra of ek die storie vir hom sal doen.

Dié man het Bybels van alle groottes, tale, kleure en wat nog gehad. Baie indrukwekkend.

14.9.12

Meesterverteller met opregte hart en talent vir die lewe

JAPIE BOSCH het met wyle Douglas Jones se vrou, Elsa, gesels. Sy het een en ander oor hom vertel en berigte wat ná sy dood oor hom verskyn het asook 'n paar foto's uit sy jong dae aan K’rant gestuur. Douglas was onder meer verslaggewer by Brandwag, Sondagstem, Dagbreek, nuusredakteur van Die Vaderland en adjunk-nuusredakteur by The Citizen. Hy het ook ‘n draai by Die Republikein in Windhoek gemaak. Voorwaar een van die “karakters” in die Afrikaanse joernalistiek.