Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Willem Knoetze. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Willem Knoetze. Wys alle plasings

13.6.17

Willem Knoetze oorlede

WILLEM KNOETZE, oudjoernalis van Die Vaderland, Die Transvaler en Noord-Transvaler Metro, is onlangs oorlede, het Piet Ebersöhn ‘n rukkie terug laat weet. K’rant het vergeefs meer besonderhede probeer kry. Is daar kollegas wat kan help?

Willem was 77 en 57 jaar lank ‘n joernalis.

‘n Vorige berig oor hom is HIER.

31.1.13

Op 74 wikkel Willem nog met die nuus

WILLEM KNOETZE, oudjoernalis van Die Vaderland, Die Transvaler en Noord-Transvaler Metro, laat weet dat hy sedert April 1960 in die joernalistiek is en steeds nie moeg vir die beroep is nie.

Hy het destyds twee dae ná die sluipmoordaanval op die destydse eerste minister, dr Hendrik Verwoerd, op die Johannesburgse skouterrein by DV begin. Met die sluiting van die koerant het hy by Die Transvaler ingeval, en met dié se heengaan was hy van die begin tot die einde by die Noord-Transvaler Metro (later net Metro), Perskor se gemeenskapskoerant in Pretoria.