Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

27.12.12

Gesoek: 'n Aanvallende Dame


Wat was die agtergrond van hierdie advertensie in Dagbreek en Landstem?  Dit is in April 1970 in HANEKRAAI, personeelblad van APB, herdruk.

Dit dien as 'n is 'n herinnering dat K'rant nie gestaak is nie.  Ons rus net 'n bietjie. Ons is Woensdag, 2 Januarie 2013, weer terug.

Maak solank reg vir 'n klomp verrassings. Moet ook nie vergeet om jou eie storie reg te kry en te stuur  nie.  Foto's en al.

24.12.12

Kersgroete 42 jaar gelede

K'rant het Vrydag gesluit en heropen op 2 Januarie 2013, maar kon nie nalaat om eers hierdie skets van LEN LINDEQUE te plaas nie. Dit het in November 1970 in HANEKRAAI, personeelblad van die Afrikaanse Pers Beperk, verskyn. 'n Eksemplaar hiervan het ons pas bereik.

Mooi Kersdag more vir ons lesers.

21.12.12

Alles is NIE Noodwendig Reg of Verkeerd nie



Meegaande is die voorlaaste aflewering van dié reeks.  
Die laaste een verskyn op 4 Januarie 2012.

Vervelige mense sonder skakering was die dood vir hom. Relatiwisme - die erkenning van versoenbare paradokse – het 'n kernrol in sy lewe gespeel. Alles is nie noodwendig reg nie. Alles is nie noodwendig verkeerd nie. 'n Mens koop nie 'n idee op sigwaarde nie, maar haal eers die dele uitmekaar om te sien hoe dit inmekaar gesit is.

Willem de Klerk was in ruime mate die meester van relatiwisme. Paradokse wat skynbare teenstrydighede is. In die proses het hy altyd twee kante van 'n saak raakgesien, albei na waarde geskat, geweeg en dan 'n ewewigtige besluit geneem. Dit het uiteraard tot ongewildheid by verstrakte, sogenaamde “beginselvaste” politici en kerklui gelei.

Die wel en wee van ‘n unieke internetproduk

K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. 

Ons heropen op 2 Januarie 2013. 

Seënwense

K’rant gaan van vandag af ook vakansie hou. Ons heropen op 2 Januarie 2013. Vergun ons dan sommer ook dié geleentheid om almal ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe te wens. Ons bede is dat almal ongedeerd en veilig volgende jaar se K’rant in oënskou sal kan neem.

Alvorens ons gaan uitspan, gee ons ’n oorsig van wat K’rant in die eerste agt maande van sy bestaan ervaar en bereik het. Vir dié wat wonder: hoog gewaardeerde kollega en medestigterslid Andries Botha, was met vakansie toe dié stuk gskryf is.

20.12.12

Uit Estelle se Vaderland-fotoalbum

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het nog ‘n slag in die fotoalbum van haar Vaderlandse dae (toe sy nog Oosthuizen was) gaan krap en met nog ‘n klompie juwele vorendag gekom.

Dankie vir die voorreg om hierdie met K'rant te deel. Dit was nou 'n heerlike "trip down memory lane".

Kersgroete van Bloubergstrand af …

Karin Pretorius skryf: Beste Andries (Botha) en Willie (Buys), Is julle nie twee fantastiese ouens om 'n mens na soveel jare te onthou en almal weer heuglik saam te snoer met ‘n lekker-lees en interessante K’rant nie?

Dit is 42 jaar - 'n leeftyd! - sedert ek Die Transvaler in 1971 verlaat het en dis net 'n gesoute joernalis soos jy, Andries, wat ‘n mens per e-pos al die pad tot in Bloubergstrand kan opspoor. Ek woon al die afgelope 15 jaar hier as 'n semi-"uitgetredene" en as 'n eiendomsagent, nadat ek in 1992 'n pakket van die SA Kommunikasiediens (die ou Departement van Inligting) aanvaar het. Ek was hoof van die gaste-afdeling wat min. Pik Botha se oorsese gaste vergesel het op bepaalde programme wat ons vir hulle uitgewerk het.

… en uit België

Jan L. Coetzee skryf: Tempus fugit! Ja, nog 'n jaar het verbygeflits onderweg na 2013! Ek wens julle almal daar in die sonnige suide 'n feestelike Kersseisoen – met nabetragting, besinning en oordenking - veral vir vrede, versoening, en verdraagsaamheid binne die Verlossingsboodskap! Met nuwe moed en oortuiging vir die uitdagings en toekomsverwagtings van 2013.

19.12.12

Earl Martin oorlede

Hendrik Martin skryf: "My pa, EARL MARTIN wat jare lank aan Perskor verbonde was, is Sondagnag op 80-jarige ouderdom in Pretoria aan 'n longinfeksie oorlede. Ek weet dat hy by die Volksblad begin werk het, later was hy onder andere by Die Transvaler/Die Vaderland en die Rooi Rose in Durban en Hoofstad in Pretoria.

Joernaliste met ‘Perswetenskap’? Wat de *&^% is dit?

JOHANN DE JAGER, oud-Hoofstadter skryf: 

Die begin

Die dae toe ek in die joernalistiek begin het, was ‘journalism’ by Rhodes en ‘perswetenskap’ by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO – in 1959 begin – erg onder verdenking by gesoute joernaliste van die dag. Hulle het vas geglo dat ʼn joernalis gebore word en NIE geleer kan word nie!

18.12.12

Luilekker-Perskorland se manne spekvet en gesond!

K’rant het die gewese Transvaler-sportjoernalis MICHAEL GREEN ook bekend as die skrywer, RR Ryger, gevra om te laat weet wat van hom geword het en van sy Perskordae te vertel.

Hy skryf: Wanneer het ek vir Die Transvaler gewerk? Iewers in die tagtigs, vermoed ek.

Hier’s Harry (The Horse)

PIETER KRUGER skryf: Na aanleiding van Piet Pitte se vraag waar Harry (The Horse) Lombaard hom bevind:

Harry Lombaard
Harry is 71 jaar oud en steeds met Maryna getroud.

Hy het tot verlede jaar by Sport24 gehelp met redigeerwerk, ens, maar toe word daar kwaai besnoei en siedaar, hy sub nou by Sondag (so twee/drie dae per week) en dis hoekom van hul blaaie taalkundig nie afsteek nie.

17.12.12

Etienne het spore in ander lewens getrap sonder dat hy dit besef


Oud-kollega ETIENNE KRIEL is op 6 Desember in die ouderdom van 66 jaar in Pretoria oorlede. Nadat hy hom as bosbouer bekwaam en ’n tyd lank in dié bedryf gewerk het, het Etienne besluit om joernalis te word en onder meer vir die Perskor-publikasies Oggendblad, Die Vaderland en Die Transvaler gewerk. Hy was ook die redakteur van die gewilde boerekoerant, Die Kouter. Hy was die afgelope 23 jaar die redakteur van die gesaghebbende hengelblad Stywe

Onwrikbaar lojaal, met die lekkerste lag

CARLA VAN DER SPUY, oud-kollega en jare lange vriend, skryf oor Etienne Kriel:

Ek sal Etienne altyd onthou vir –

Die manier waarop hy sy neus gefrommel het as hy so luidrugtig en uitbundig gelag het, vir sy aaneenlopende “unicorn”-wenkbrou en daardie unieke blessie met die klossie hare op die voorkop.

• Die manier waarop Marlene (’n ou universiteitsvriendin van my) in die jare sewentig sy voete onder hom uitgeslaan het toe sy vir my in Pretoria kom kuier het en ons nog by Oggendblad gewerk het.

14.12.12

'n Vrou wil eroties raakgesien word


“As ek aan my baie-naby ouderdom dink (en ek het abnormale angs daarvoor) is die kernding wat my aan die keel gryp die liggaamlike aftakeling. In my geval die verlies van die identiteit van mooi-wees.” Oor die vrou skryf hy: “Haar lippe en oë, swaai van die lyf, reukwater en juwele, is uitlokkend, selfs koketterig. Sy wil eroties raakgesien word, selfs in die kyk van die oë.

13.12.12

Nou is daar ook Piet Pitte!

Eers was daar Piet Pille (Roos), die apteker. Nou is daar ook Piet Pitte. PIET ROODT is deesdae 'n geldskieter of uitlener van kleiner bedrae geld as wat die tradisionele instellings soos banke doen. K’rant het hom gevra om meer van hierdie interessante loopbaan te vertel.

Hy skryf: Ons kliente is almal in die laer inkomsteklas en jy moet jou keer ken om nie deur hulle probleme oorweldig te word nie. En dan het hulle

12.12.12

‘Kiwi’s ryg my derm uit’

GERHARD BURGER skryf: Soos die skrywers van formele briewe sal sê: die storie van Willem de Klerk se worsteling met die blindederm verwys.

Ons sit een jaar in Nieu-Seeland, van links na regs: John du Toit, Herman le Roux, Phil Zaayman en ekke. Die All Blacks kom Suid-Afrika toe en ons kyk hulle deur en skryf oor hul voorbereiding.

11.12.12

'n KGB-spioen slaap in my huis

ANDRIES BOTHA skryf: Die jaar was 1977 toe Aleksei Mjagkof, 'n KGB-kaptein wat na die Weste oorgeloop het, Suid-Afrika as 'n gas van die Vryheidstigting Suider-Afrika, waarvan ek projekdirekteur was, saam met sy Hollandse meisie besoek het. Hulle het 'n paar nagte in my huis in Linden geslaap om van die aandag van 'n paar oorywerige koerantmanne te ontsnap.

10.12.12

’n ‘Mack’ met ‘n Magnum maak amok

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Lotelinge is in die jare 60 opgelei om met FN-gewere te skiet. Jy kon selfs 'n pantservoertuig met 'n Energa-granaat voor aan die geweer uitwis. Maar die meeste van ons was te jonk om as 'n gewone burger 'n vuurwapenlisensie te kry. Dieselfde wet het vir jong polisiemanne gegeld. Hulle is ook opgelei om verskeie vuurwapens te gebruik, maar kon, as ek reg onthou, eers op 18-jarige leeftyd 'n rewolwer of pistool kry. Hulle is wel met 'n knuppel en boeie toegerus.

Knap gedaan, Andries

PEET SIMONIS skryf: Ek verwys na die stories van dr Willem de Klerk se "Opruiming", wat deur Andries Botha verwerk word. Hy verdien ons gelukwense met die stuk werk. Baie dankie. Dis besonders.

Ek lees dit ook met 'n seer hart - dele is werklik meer as treurig - dis tragies. Eina!

'n Mens weet ook nooit wat in kollegas se harte en koppe aangaan nie -- as ons geweet het, sou ons seker meer simpatiek uitgereik het na mekaar.

Baie dankie Andries - knap gedaan!

7.12.12

Makabere, groteske monsters doem op in doodstryd


“Dit maal in my kop dat walg, ellende, verrotting, lyding die uitgemete deel is en dat ek deel daarvan is en dat lewe hel is – groen hel, nie rooi nie. Dis soos 'n gevoel dat ek nou die insig gekry het dat ontbinding die lot is en ekself met die mensheid daarin versmelt,” was een van Willem de Klerk se waarnemings gedurende siekte wat hom letterlik by die dood laat omdraai het.

6.12.12

Etienne Kriel oorlede

Gerhard Kleijn laat weet dat ETIENNE KRIEL, redakteur van Stywe Lyne en jare lange Perskor-staatmaker (Oggendblad en Die Transvaler) vanoggend in die hospitaal oorlede is ná 'n kortstondige siekbed. Nadere besonderhede is nie bekend nie. Die begrafnis is Dinsdag, 11 Desember 2012, om 15:00 uit die NG Kerk Valhalla-Suid, Hugostraat 11, Valhalla, Pretoria.

Onthou om te onthou – veral pen en papier

PIET EBERSOHN skryf: ‘n Joernalis sonder ‘n pen, is soos ‘n soldaat sonder ‘n geweer, het wyle Hennie Kotzé ons dikwels vermaan.

Wel ‘n ongewapende soldaat in die vuurlinie is seker heelwat dieper in die knyp, maar ek kan getuig dat dit erg ongemaklik kan wees om ongewapen ‘n onderhoud te voer.

5.12.12

Hillbrow, die Soho van Johannesburg

PIET ROOS skryf: Daardie dae in 1973, 1974 het ons klompie om en by Hillbrow gewoon. Emmie (Bornmann) Gouws in Smitstraat, Carénè Boshoff naby die toring, Marieta in Argyle en ek in Braamfontein.

Hillbrow was wonderlik. 'n Plek met lewe. Daar kon mens drie-uur in die oggend by die Porterhouse instap vir biefstuk, afgesien van Fontana wat nog nooit sy deure gesluit het nie.

Suzelle laat Gert China toe verlang

GERT COETZEE skryf: Suzelle Fourie se vertellings uit landelike China was eerstens skitterend saamgeflans en tweedens vir my baie besonder, omdat ek my heeltemal kan vereenselwig met die plek en sy magiese bekoring.

My oorspronklike reproduksie is naamlik al 20 maande in China en ongelukkig is die kêrel nie joernalisties ingestel soos die derdegeslag-verslaggewer wat hy as 'n seuntjie oorweeg het om te word nie. (Ek en my pa het hom aanhoudend, in stereo, afgeraai om in ons voetstappe en nering te volg.) Gevolglik is die skrywe en bellery en skypery so skraps van sy kant af dat ek my vrek sit en verknies van verlange.

4.12.12

Rooi Rus trap Rooi Gevaar vas

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek sien die legendariese polisieman, alombekend as die Rooi Rus, het die afgelope tyd in K’rant ter sprake gekom.

In my dae was die Rooi Rus die bevelvoerder van die Blitspatrollie. As ‘n mens hulle gebel het, het hulle altyd die telefoon as “Radio” geantwoord.

Die Rooi Rus, brigadier Theuns Swanepoel, se seun of dalk skoonseun, was

3.12.12

Die dag toe Kappie ster-status gekry het

PIETER KRUGER skryf: Marius Kapp het van sy kappie gehou, nes van ons ander sportjoernaliste. Hy was in die vroeë jare tagtig vir 'n jaar of twee die hoof- rugbyskrywer van The Citizen nadat hy eers 'n draai in die Kaap gemaak het.

Verstaan my mooi, ek wil nie vir Kappie oor sy kappies afkraak nie, want die meeste van ons sportjoernaliste was ook alte lief vir enetjies met eisj.

Goudmyntjie op die web ontdek

Arica Fouché skryf oor haar pa Tom Buys wat vroeër jare hoofsubredakteur en toe nuusredakteur van Die Vaderland was. Hy was 'n groot Perskor-staatmaker wat op 'n jong ouderdom aan 'n toe nog ongeneeslike breinsiekte oorlede is voordat hy sy geweldige potensiaal kon verwesenlik. Hy was ook die oudste broer en voorloper van die vyf Buys-broers waaroor 'n storie pas verskyn het.