Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Herman le Roux. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Herman le Roux. Wys alle plasings

13.8.24

Essie: "Daar was nooit nukke of buie of ego nie"

PEET VAN STADEN skryf: LAG was maklik … of Essie Esterhuizen in die kantoor, die persbank of op die hoë stoeltjie langsaan in Vegkop was.

Maar dis nou moeilik om oor hom skryf, want Essie was ʼn merkwaardige mens, ingewikkeld in sy oënskynlike eenvoud. Daar was nooit nukke of buie of ego nie. As sportskrywer was hy geen grap nie. Hy was in werklikheid een van die spesiale sportskrywers – en ménse onder hulle – in wat toenemend lyk na die laaste betekenisvolle halfeeu van Afrikaanse sportskrywers.

 Johan Esterhuizen is Dinsdag, 6 Augustus op Ballito dood ná ‘n kort siekbed, soos syverwant Emile Smith in K’rant geskryf het. Hy het die vorige dag 76 geword. Eers washy tennisskrywer by Hoofstad en Die Transvaler, en het daarna veral as krieketskrywer by The Citizen en Rapport naam gemaak. Hy was sportredakteur van The Citizen, en het ook uitvoerig oor boks en rugby geskryf.

28.6.16

Wille Martin oorlede

HERMAN LE ROUX skryf: Wille Martin is Sondag op 81-jarige ouderdom in Heidelberg oorlede. Sy was een van Suid-Afrika se mees produktiewe skrywers en het meer as 200 liefdesromans en jeugverhale geskryf.

Wille is in Bethulie in die Vrystaat gebore. Wille se moeder was die bekende vroeë Afrikaanse skrywer, Minnie Postma.

Sy het ná haar skoolloopbaan ’n BA-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

14.3.16

Vier rugbyspioene skrum ná 40 jaar saam

Vier veterane het nou die dag vir ʼn foto langs mekaar gaan sit, van links na regs, in dieselfde volgorde as op ʼn foto wat veertig jaar tevore in Nieu-Seeland geneem is. Dit was nogal ʼn heuglike geleentheid toe John du Toit, Wessel Oosthuizen, Herman le Roux en Gerhard Burger op John se plasie by Eikenhof, suid van Johannesburg, byeengekom het.

Die vier, wat verskeie internasionale toere saam meegemaak het, het ewe besadig ʼn wyntjie gedrink en toe saam met John se vrou, Colleen, en hul dogter Elmarie ʼn middagete geniet waaroor ʼn tydskrif-artikel geskryf kan word.

14.8.13

Blou Bul ‘Otter’ sag soos lam, onthou soos olifant en werk soos esel

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en van Beeld, skryf: Otter was sy bynaam op skool, maar dit is nie ‘n vleiende beskrywing van die Neil Steyn wat ek ken nie. Eintlik is hy so sag soos ‘n lammetjie; het hy die geheue van ‘n olifant en hy kan werk soos ‘n esel. En nog nader aan die diereryk is hy ‘n ondersteuner van die Blou Bul in murg en been.

5.7.13

Wollie maak sy verskyning voor die Leeus

HERMAN LE ROUX skryf: Dis Saterdag, 19 Mei 1962. Op die lughawe van Salisbury, nou Harare, wag ek en ‘n stuk of tien joernaliste saam met ‘n paar rugbybeamptes en ‘n groepie rugbyondersteuners op die aankoms van die toerspan van die Britse Leeus.

Die vliegtuig het neergestryk en die voorste deur word oopgemaak. Ons wonder wie eerste gaan uitstap - die bestuurder, kommandeur

14.6.13

Vertroue sleutel tot Roelf se sukses

HERMAN LE ROUX skryf: Die gerespekteerde rugbyskrywer wat die laaste paar dekades van sy joernalistieke loopbaan gesaghebbend oor renperde kon skryf.

Só onthou ek Roelf Theunissen, voormalige sportredakteur van Die Volksblad wat ’n draai by Perskor gemaak het en as wedrenredakteur van Beeld op die Vaal-renbaan gesterf het.

10.5.13

Goeie joernalis hoef nie sensasie te jag

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en Beeld, skryf: ’n Goeie joernalis hoef nie ‘n sensasiesoeker te wees nie. Dit is dalk die boodskap wat Gert Kotzé in 1965 by sy mede- rugbyskrywers wou tuisbring op ‘n uitstappie saam met Dawie de Villiers se Springbokke in Nieu-Seeland.

Die toergroep het ‘n busreis in die Suidelike Alpe onderneem en tee

5.4.13

John du Toit is ’n minsame kêrel met ’n sagte hart

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en Beeld, skryf: Kyk na John du Toit se blomkoolore, waarna Peet Simonis in ‘n vroeër artikel oor hom so treffend verwys (lees hier), en jy besef hier is ‘n man wat baie stampe en stote op die rugbyveld verduur het. Skud blad met hom en jy weet daardie hande is ook dié van ‘n boer wat kan draad span en trekkers herstel.

19.2.13

Boesemvriende ‘oor grense heen’

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en later van Beeld, skryf: Gerhard Burger se storie oor ons noue ontkoming in 1981 in Nieu-Seeland (lees hier) bied my die gaping om meer oor daardie besoek en oor Gerhard in die besonder te vertel.

Hy sê hy hou nie daarvan om geselsies met taxibestuurders of haarkappers aan te knoop nie. En tog is Gerhard Burger ‘n vriendelike,

15.1.13

Onvergeetlike Francois ’n kleurryke karakter

HERMAN LE ROUX, gewese assistent- en sportredakteur van Volksblad en later ook van Beeld skryf: Die “Reader’s Digest” het vir baie jare ‘n hoofstuk gewy aan “The most unforgettable character I have met.” Toe my nomadiese vriend, Francois Roux, Junior Springbok-vleuel van 1955 en oud-joernalis van Perskor, in 2008 op 78-jarige ouderdom oorlede is, het ek gedink dit is nogal ‘n raak beskrywing van hom.